Het Ramaphosa #FreeZuma Onderskat? Suid Afrika Brand! Grootste Raffinadery, Suikermeule, Winkels, Hoofpaaie en Openbare Vervoer Sluit Weens Onluste!

Die #FreeZuma onluste maak wêreldwye nuus, met Fox News wat berig oor die onluste en plundery as dieselfde as “wat ons gesien het in Amerika,” met verwysing na BLM se landswye onluste en plundering laas jaar aangehits deur die Demokrate. Ramaphosa kon seker nie die geleentheid om die leier van sy politieke opposisie in hegtenis te neem, van die hand wys nie, maar het hy ‘n groter bomb aangesteek as wat self hy gedink het, want dit blyk dat die ANC regime glad nie daarvoor voorbereid was nie!

Stelsel Regter Aangestel om te Ondersoek of die Stelsel, vir Covid-19 in die Komende Verkiesings kan Misbruik?

Gegewe die debakel wat sommige van ons, wat verby die growwe blatante sensuur gesien het, in die Amerikaanse Presidentsverkiesing, met die sistemiese en massiewe kiesersbedrog, is dit byna seker dat die ver linkses die stelsel in SA gaan probeer kul, soos die Demokrate in die VSA gedoen het met BLM en Antifa. In ‘n duidelike poging om skoon en onpartydig voor te kom, het die ANC se OVK vir Dikgang Moseneke, ‘n voormalige adjunkhoofregter, aangestel om te ondersoek of COVID-19 ‘n vrye en regverdige verkiesing sal belemmer.

Die plaaslike verkiesing sal op 27 Oktober vanjaar plaasvind, maar of dit nou oor weke gestrek sal word, of dat stemme per pos openlik misbruik gaan word, om die stelsel te kul, moet nog gesien word.

Luister Hier: