Afrika Unie Speel Weer Slagoffer Nieteenstaande dat “Ryk Lande” AGT Keer Meer Covid Sterftes per Miljoen Mense het!

Afrika Unie Speel Weer Slagoffer Nieteenstaande dat "Ryk Lande" AGT Keer Meer Covid Sterftes per Miljoen Mense het!

Die Europese Unie se Afrika Unie het verklaar dat “ryk lande” moet ophou om Covid entstowwe op te berg, om te gebruik vir toekomstige boosters, wat nog nie nodig blyk te wees nie, maar moet dit liewer aan Afrika gee. Natuurlik speel AU alweer die bak hand rassekaart dat Afrika die ewige slagoffer is, om weer gratis goed te kry, maar die waarheid is dat Afrika taamlik lig van die hele pandemie afgekom het, nieteenstaande al die hoofstroom vreesaanjaging en propaganda nie. Die waarheid is dat Afrika slegs ‘n fraksie van die Covid sterftes het as Europa en VSA.

ANC Regering se Staatsentiteit Biovac-instituut Hoop om in 2022 met BioNTech en Pfizer 100 Miljoen Covid-entstowwe per Jaar te Produseer

Pfizer, BioNTech en die ANC-regering se parastataal, Biovac-instituut het aangekondig dat hulle ‘n ooreenkoms aangegaan het om volgende jaar die mRNA Covid-entstof in die land te produseer, wat tot 100 miljoen dosisse per jaar “vir Afrika” kan vervaardig. Natuurlik sal dit eers ANC plundering, kaderontplooiing en BSEB kanker moet oorleef.

Tyd om die SAW na die SA Welsyn te Herdoop? Dit is Maar net een Groot Kaderontplooiing Slenter!

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, SA se Minister van Verdediging kerm nog steeds dat haar sny van die korrupsiekoek nie groot genoeg is nie. Sy het weer gewaarsku, of is dit gedreig, dat die SAW in groot moeilikheid verkeer. Maar daar is geen oorlog nie, en SA het basies oop grense, en die troepe help nou net die onbevoegde SAPD uit met Korona. 

Die minister se dat die land se verdedigingsvermoëns ernstig aangetas sal wees agv. die groot finansiële te korte waarmee die weermag te doen het. Maar die SAW troepe is nou net ‘n vredeskorps soos die VN, en met die oppergesag van die groot wêreld moondhede soos VSA, China en Rusland, is daar maar min rede vir ‘n weermag. Inderdaad, met die vooruitsig dat die Afrika Unie mettertyd SA saam met  Zimbabwe en Namibia sal wil saamsnoer, is ‘n groot weermag ongewens.

Luister Hier: