2 + 2 = 5? Liberale in Kalifornië het nou Beweer dat Wiskunde Rassisties is!

Een groot aanduiding dat Sosialisme en Kommunisme oorheers, is wanneer Onderwys Indoktrinasie word. Die Kaliforniese staatsonderwyspaneel oorweeg sowaar of wiskunde inherent rassisties is, en of dit gewortel in wit oppergesag is, maar dit is net nog verskynsels van die “woke cancel culture,” wat deur ver linkses, sosiale media en globaliste in naïve mense se kele afgestoot word, om om ons beskawing te vernietig, sodat hulle dit kan oorneem en oorheers. 

Die onderwyspaneel is besig om die raamwerk te hersien, wat die huidige wiskundige standaarde beredeneer, wat fokus op die bestaan van een korrekte antwoord in wiskunde, wat glo wit oppergesag laat voortbestaan, en swartes verder benadeel. Dit is deel van die bose “Critical Race Theory” wa Demokrate en linkses preek, selfs in primêre skole, wat sé dat blankes by verstek rassisties is!

Luister Hier:


<

“Dit is Indoktrinasie!” Australiese Staats Minister oor Skoolkinders wat Anti-polisie en pro BLM-plakkate Moet Skep!

Ministers van Nieu-Suid-Wallis in Australia doen ‘n beroep vir die afdanking van ‘n Australiese onderwyser in die laerskool, nadat plakkate teen die polisie en pro Black Lives Matter, wat deur die studente geskep is, rondom die klaskamer gevind is.

David Elliott, minister van polisie in Nieu-Suid-Wallis (NSW), het gevra dat die onderwyser afgedank word en gesê die plakkate is ‘n bewys van die politieke “indoktrinasie en breinspoeling” van linkse ideologieë in skole.

Ons is veronderstel om vir ons kinders te sê dat as U ‘n uniform dra, U ‘n held is,” het Elliot op ‘n radioonderhoud gesê. “Hulle het hul studente heeltemal in die steek gelaat deur hulle te indoktrineer en te breinspoel, op ‘n tydstip waarop hulle moes leer lees en skryf.”

Elliot was bekommerd dat hierdie omstrede kwessies rondom die polisie, uit Amerika na die Australiese samelewing ingevoer is.

Wat in Amerika aangaan, is nie ons