Afrika Unie Speel Weer Slagoffer Nieteenstaande dat “Ryk Lande” AGT Keer Meer Covid Sterftes per Miljoen Mense het!

Afrika Unie Speel Weer Slagoffer Nieteenstaande dat "Ryk Lande" AGT Keer Meer Covid Sterftes per Miljoen Mense het!

Die Europese Unie se Afrika Unie het verklaar dat “ryk lande” moet ophou om Covid entstowwe op te berg, om te gebruik vir toekomstige boosters, wat nog nie nodig blyk te wees nie, maar moet dit liewer aan Afrika gee. Natuurlik speel AU alweer die bak hand rassekaart dat Afrika die ewige slagoffer is, om weer gratis goed te kry, maar die waarheid is dat Afrika taamlik lig van die hele pandemie afgekom het, nieteenstaande al die hoofstroom vreesaanjaging en propaganda nie. Die waarheid is dat Afrika slegs ‘n fraksie van die Covid sterftes het as Europa en VSA.

Duitsland Lig Uiteindelik SA Covid Reisverbod – Volle Ingeënt Besoekers kan Kwarantyn Vermy

Reisigers van Suid Afrika word nou toegelaat om Duitsland binne te gaan, nadat hulle sedert middel Januarie verbied is om die land te besoek. Reisigers wat volledig ingeënt is, sal nie gedwing word om te kwarantyn nie.

ANC Regering se Staatsentiteit Biovac-instituut Hoop om in 2022 met BioNTech en Pfizer 100 Miljoen Covid-entstowwe per Jaar te Produseer

Pfizer, BioNTech en die ANC-regering se parastataal, Biovac-instituut het aangekondig dat hulle ‘n ooreenkoms aangegaan het om volgende jaar die mRNA Covid-entstof in die land te produseer, wat tot 100 miljoen dosisse per jaar “vir Afrika” kan vervaardig. Natuurlik sal dit eers ANC plundering, kaderontplooiing en BSEB kanker moet oorleef.

Inenting is nie ‘n Waarborg nie! In Israel is Helfte van Nuwe Gevalle Voorheen Ingeënt – 90% Besmet met Delta/India Mutasie!

Volgens ‘n Israeli amptenaar, is die helfte van volwassenes wat in die jongste COVID-19-uitbraak besmet is, volledig ingeënt. Ongeveer 90 persent van die nuwe COVID-19-infeksies in Israel is veroorsaak deur die India / Delta-variant van die CCP-virus, het amptenare gesê, terwyl hulle bygevoeg het dat ongeveer die helfte van die volwassenes, wat in die onlangse uitbraak besmet is, volledig ingeënt was.

Ramaphosa Maak Weer Groot Beloftes oor Inentings op sy Terugkoms van nog ‘n Bedeltog na Europa…

In sy toespraak aan die land, nie lank na sy terugkeer uit Frankryk op nog ‘n reis na Europa met die bakhand, het Ramaphosa gesê dat 636,000 dosisse van die Pfizer-entstof Sondagaand in die land sal aankom. Weeklikse versendings sal vermoedelik tot einde Junie voortduur, en teen daardie tyd sal dit altesaam 2,5 miljoen dosisse lewer.

Ramaphosa het gesê dat hulle met ander entstofvervaardigers praat met die doel om ‘n verskeidenheid entstowwe by die program in te sluit. Dit sluit in vervaardigers soos die Sputnik uit Rusland en die Sinovac uit China. Albei  is besig om die nodige goedkeurings van die gesondheidsprodukte-owerheid te soek.

Luister Hier:


160 Amerikaners Sterf en Meer as 10,000 Besmet met Covid-19 Ondanks Volle Inenting, sê CDC, maar Beweer dit is Skaars!

Volgens die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC), het meer as tienduisend Amerikaners Covid-19 opgedoen, en 160 het gesterf ondanks die feit dat hulle ten volle ingeënt is! Maar die CDC beweer dat die data daarop dui dat sulke “deurbraak” -infeksies relatief skaars is? Vertel dit vir die honderde wat ‘n geliefde verloor het!

Op 30 April was daar 10,262 gevalle van mense wat volledig ingeënt is wat met Covid-19 besmet is, het die CDC vandeesweek gesê, volgens statistieke uit 46 Amerikaanse state en gebiede. Terwyl 1,6% (160) gesterf het, is minder as 7% van die pasiënte in die hospitaal opgeneem met Covid-19 simptome. 63% van die besmette was vrouens en die gemiddelde ouderdom was 58.

Luister Hier:


“Die Regering Lieg vir Jou ‘n op Manier wat tot Jou Dood Kan Lei” – Voormalige Pfizer Vise-President en Hoof Wetenskaplike

Dié skokkende en kontroversiële onthulling kom van Dr. Michael Yeadon, Pfizer, ja dieselfde korporasie wat Covid entstof maak, se voormalige vise-president en hoofwetenskaplike vir allergie en asemhalingstelsels, wat 32 jaar in die bedryf nuwe medisyne-navorsing gelei het, en by sy aftrede van die farmaseutiese reus, die “mees senior navorsingsposisie” in sy vakgebied beklee het.

In ‘n onderhoud het hy die “aantoonbaar valse” propaganda van regerings aangespreek in reaksie op COVID-19, insluitend die “leuen” van gevaarlike variante, die totalitêre potensiaal vir “entstofpaspoorte” en die “konvergente opportunisme” wat ‘n sterk moontlikheid aandui dat ons te make het met ‘n “sameswering“, wat kan lei tot iets ver erger as die bloedbad wat ervaar is in die oorloë van die 20ste eeu.

Luister Hier:

Suid Afrika Ontvang 325,260 Dosisse Pfizer Entstof…

Suid-Afrika het goeie nuus ontvang met die aankondiging dat die eerste besending 325 260 dosisse Pfizer-entstof teen die koronavirus ontvang is.

‘n Soortgelyke besending sal na verwagting gedurende die volgende week gelewer word van die totale besending van 1,3 miljoen dosisse wat vir Mei bestem is.

Na verwagting sal die lewering in Junie tot soveel as 636 000 per week styg.

Luister Hier:


Die entstof sal hoofsaaklik beskikbaar wees vir mense ouer as 60 jaar, en hoewel die Pfizer-entst