Al is die Chinese CoronaVac entstof nie volledig in Suid Afrika goedgekeur of gebruik nie, word SA ingesluit met ander derde wêreld lande in die Fase III-proewe van Sinovac se entstof teen koronavirus siekte (Covid-19) by kinders en adolessente. Die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse been is onlangs gehou in Pretoria, Suid-Afrika, waar ongeveer 2,000 kinders en adolessente van ses maande tot 17 jaar ingeskryf sal wees, om die veiligheid en doeltreffendheid van die CoronaVac entstof te toets, al wys resultate van proewe sover slegs 50% effektiwiteit. Die proewe sal wêreldwyd 14,000 kinders in Chili, die Filippyne, Maleisië, Kenia en Suid Afrika toets.
Met skrikwekkende ooreenkomste met Mao Tse Tsung se berugte Kulturele Revolusie, het ‘n “nuwe kulturele rewolusie” in China kop uit gesteek, na owerhede studente vertel dat “alle godsdienstige boeke gejag” moet word en ingedien moet word en dat almal’ verplig ‘is om dit te doen. Die Kommunistiese Party slaan toe voor die Olimpiese Spele, omdat hulle geen pro-demokrasie-protes wil hê nie in die aanloop tot die Olimpiese Spele in Tokio nie.
Rosemont Seneca Technology Partners (RSTP), ‘n beleggingsonderneming onder leiding van Joe Biden se seun Hunter Biden, was ‘n leidende finansiële ondersteuner van Metabiota, ‘n pandemie-opsporings- en reaksieonderneming wat saamgewerk het met Peter Daszak se EcoHealth Alliance en die Wuhan Institute of Virology.
VSA se voormalige Minister van Buitelandse sake, Mike Pompeo, het die reaksie van die Wêreldgesondheidsorganisasie op COVID-19 pandemie erg kritiseer, en aangevoer dat die instelling “heeltemal misluk het” in die “een taak wat hy gehad het” om te doen, naamlik om die pandemie te voorkom.
Dit blyk asof Trump weereens reg was: Groot tegnologiese reuse soos Facebook en Twitter is nou weliswaar die selfaangestelde “Orwelliaanse” arbiters van die waarheid “ongeag die feite,” sê Sky News-aanbieder Rita Panahi, nadat Facebook besluit het om sy beleid verlede week om te keer, en opgehou het om poste te verbied wat voorgestel het COVID-19 mens gemaak is, en vrygelaat is vanuit die laboratorium in Wuhan, China.
Die idee is deur pro China Facebook as ‘n samesweringsteorie en vals beskou, (Mark Zuckerberg se vrou is Chinees), wat beteken dat hulle poste wat die idee bespreek of selfs noem, verbied het, en die skrywer is gestraf.