Ramaphosa Maak Weer Groot Beloftes oor Inentings op sy Terugkoms van nog ‘n Bedeltog na Europa…

In sy toespraak aan die land, nie lank na sy terugkeer uit Frankryk op nog ‘n reis na Europa met die bakhand, het Ramaphosa gesê dat 636,000 dosisse van die Pfizer-entstof Sondagaand in die land sal aankom. Weeklikse versendings sal vermoedelik tot einde Junie voortduur, en teen daardie tyd sal dit altesaam 2,5 miljoen dosisse lewer.

Ramaphosa het gesê dat hulle met ander entstofvervaardigers praat met die doel om ‘n verskeidenheid entstowwe by die program in te sluit. Dit sluit in vervaardigers soos die Sputnik uit Rusland en die Sinovac uit China. Albei  is besig om die nodige goedkeurings van die gesondheidsprodukte-owerheid te soek.

Luister Hier:


België Beperk Ook Gebruik van J&J-entstof vir Mense Onder 41 na Dood van Vrou wat Daarmee Ingeënt is!

Die Belgiese regering het die gebruik van Johnson & Johnson se Covid-19-entstof opgeskort vir enigiemand onder 41 totdat die EU-reguleerder, die voordele-risikoprofiel kan ondersoek, nadat ‘n vrou wat dit ontvang het, aan ernstige newe-effekte gesterf het. In ‘n verklaring wat die Belgiese minister van gesondheid, Frank Vandenbroucke, en sy streekgenote Woensdag uitgereik het, word gesê dat die federale regering besluit het om die entstof tydelik te beperk tot die ouderdomme van 41 en ouer.

Die beslissing wat geneem is na die dood van ‘n vrou, wat ernstige newe-effekte opgedoen het nadat sy die Johnson & Johnson-jab gekry het, sal hersien word nadat ‘n meer gedetailleerde voordeel-risiko-ontleding deur die Europese Medisyne-agentskap (EMA) gedoen is.

Luister Hier: