Sewe Ver Linkse Terroriste van Italië in Hegtenis Geneem in Frankryk!

Die polisie in Parys het sewe Italianers in hegtenis geneem wat aan die vlug was nadat hulle in Italië skuldig bevind is op aanklagte van terrorisme wat verband hou met die linkse militante Rooi Brigades-groep, wat dekades lank gewelddadige aanvalle in die land uitgevoer het.

Die inhegtenisnemings het plaasgevind ná ‘n gesamentlike operasie tussen Parys en Rome om die individue op te spoor wat gevlug het na Frankryk na afloop van die ‘Jare van Lood‘-geweld wat Italië vir 20 jaar geteister het, en honderde dood gelaat het te midde van botsings tussen die linkse terreur groep en die regering.

Die kantoor van die Franse President het die inhegtenisnemings bevestig en gesê dat die owerhede in die land steeds op soek is na nog drie verdagtes wat aan die vlug is.

Frankryk, word ook getref deur terrorisme, en verstaan ​​die noodsaaklikheid van geregtigheid vir die slagoffers,” het ‘n woordvoerder van die Franse Pre

VIDEO: VN Wil Alle Steenkool Gebruik Stop! Sal SA se Vulkaan van Emissies ook Vrystelling kry Soos China s’n?

#SAvolcano Wêreld Oorheersing: Die Verenigde Nasies het onder meer geëis dat steenkool van oral moet verdwyn, regoor die wêreld! Van die kleinste derde wêreldse dele van Indië, tot sogenoemde opkomende ekonomieë, soos China, tot Suid Afrika wat op steenkool leef! Eerstens, ons het nog nooit die VN se naam op ‘n stembrief gesien nie, so mag ons vra wie het die VN verkies dat hulle nou oor ons heers? Tweedens, ons het ook nie vir Joe Biden gehelp om die verkiesing te steel nie, maar hy is nou besig met die mees magtigste Zoom (wat deur Chinese besit word) vergadering, met 40 van die wêreld se grootste lande, om te eis dat hulle meer doen oor klimaatverandering. Die triljoen dollar vraag is, gaan China sy 600 steenkool aangedrewe kragstasies by 2030 afskakel?

Aangesien SA byna die helfte van die kontinent se elektrisiteit produseer, stoot Suid Afrika elke dag ‘n vulkaan se waarde van emissies uit (sulfaat dioksied en stikstofoksied), wat selfs op sate

Besonderse “Onbekende” Bekende Van Gogh Skildery Behaal Rekord Prys

ʼn Skildery, wat vir jare buite die oë van die wêreld was, het in ‘n veiling tussen in 32 ander kunswerke, die hoogste prys behaal. ‘n Onbekende koper het hierdie Vincent Van Gogh kunswerk teen $15,4 miljoen opgeraap. Die veiling was Sotheby Parys aangebied.

Die vorige eienaar van die skildery wou dit nie vir die wêreld se oe beskikbaar maak nie, uit vrees dat dit kon wegraak. Die skildery is egter bekend onder die kuns kenners van die wêreld, en het bekendheid reg oor die wêreld verwerf onder die naam “Straat Toneel”. “Street Scene in Montmartre” is die amptelike naam van die skildery. Dit is nie seker of die nuwe eienaar van die skildery die dit uit Frankryk gaan verwyder nie.

Hierdie besonderse skildery is in 1887 geskilder. Die afslaers wat dit opgeveil het, het nie verwag dat dit vir meer as $8 miljoen sou verkoop nie. ‘n Rekord prys van $15.4 Miljoen is egter behaal. Dit kan waarskynlik toegeskryf word aan die feit dat d