Duitsland Lig Uiteindelik SA Covid Reisverbod – Volle Ingeënt Besoekers kan Kwarantyn Vermy

Reisigers van Suid Afrika word nou toegelaat om Duitsland binne te gaan, nadat hulle sedert middel Januarie verbied is om die land te besoek. Reisigers wat volledig ingeënt is, sal nie gedwing word om te kwarantyn nie.

Ramaphosa Maak Weer Groot Beloftes oor Inentings op sy Terugkoms van nog ‘n Bedeltog na Europa…

In sy toespraak aan die land, nie lank na sy terugkeer uit Frankryk op nog ‘n reis na Europa met die bakhand, het Ramaphosa gesê dat 636,000 dosisse van die Pfizer-entstof Sondagaand in die land sal aankom. Weeklikse versendings sal vermoedelik tot einde Junie voortduur, en teen daardie tyd sal dit altesaam 2,5 miljoen dosisse lewer.

Ramaphosa het gesê dat hulle met ander entstofvervaardigers praat met die doel om ‘n verskeidenheid entstowwe by die program in te sluit. Dit sluit in vervaardigers soos die Sputnik uit Rusland en die Sinovac uit China. Albei  is besig om die nodige goedkeurings van die gesondheidsprodukte-owerheid te soek.

Luister Hier: