Globaliste Gaan Sowaar Ons Kwotas Gee om Asem te Haal – Dit is nie meer ‘n grap nie!

Globaliste Gaan Sowaar Jou Kwotas Gee om Asem te Haal - Dit is nie meer 'n grap nie!

Asof dit nie erg genoeg was dat ons forseer was om in ons eie huise te bly nie, blyk dit dat dit nie lank is voor ons eie asem gemeet en getel sal word nie! ‘n Nederlandse Bankier en professor, Barbara Baarsma van Rabobank, wil vir burgers persoonlike jaarlikse CO₂ kwotas gee! Sy het vroeër die maand die skokkende voorstel gemaak op die besigheidsbesprekingsprogram, “Zakendoen” op BNR-radio.

VIDEO: VN Wil Alle Steenkool Gebruik Stop! Sal SA se Vulkaan van Emissies ook Vrystelling kry Soos China s’n?

#SAvolcano Wêreld Oorheersing: Die Verenigde Nasies het onder meer geëis dat steenkool van oral moet verdwyn, regoor die wêreld! Van die kleinste derde wêreldse dele van Indië, tot sogenoemde opkomende ekonomieë, soos China, tot Suid Afrika wat op steenkool leef! Eerstens, ons het nog nooit die VN se naam op ‘n stembrief gesien nie, so mag ons vra wie het die VN verkies dat hulle nou oor ons heers? Tweedens, ons het ook nie vir Joe Biden gehelp om die verkiesing te steel nie, maar hy is nou besig met die mees magtigste Zoom (wat deur Chinese besit word) vergadering, met 40 van die wêreld se grootste lande, om te eis dat hulle meer doen oor klimaatverandering. Die triljoen dollar vraag is, gaan China sy 600 steenkool aangedrewe kragstasies by 2030 afskakel?

Aangesien SA byna die helfte van die kontinent se elektrisiteit produseer, stoot Suid Afrika elke dag ‘n vulkaan se waarde van emissies uit (sulfaat dioksied en stikstofoksied), wat selfs op sate