Ramaphosa Maak Weer Groot Beloftes oor Inentings op sy Terugkoms van nog ‘n Bedeltog na Europa…

In sy toespraak aan die land, nie lank na sy terugkeer uit Frankryk op nog ‘n reis na Europa met die bakhand, het Ramaphosa gesê dat 636,000 dosisse van die Pfizer-entstof Sondagaand in die land sal aankom. Weeklikse versendings sal vermoedelik tot einde Junie voortduur, en teen daardie tyd sal dit altesaam 2,5 miljoen dosisse lewer.

Ramaphosa het gesê dat hulle met ander entstofvervaardigers praat met die doel om ‘n verskeidenheid entstowwe by die program in te sluit. Dit sluit in vervaardigers soos die Sputnik uit Rusland en die Sinovac uit China. Albei  is besig om die nodige goedkeurings van die gesondheidsprodukte-owerheid te soek.

Luister Hier:


Militêre Staatsgreep of Burgeroorlog in Frankryk? 58% Franse Ondersteun Generale se Ope Brief wat Waarsku dat Leër Dalk sal Moet Ingryp Om Burgeroorlog te Vermy!

Volgens ‘n peiling van Harris Interactive, in opdrag van die Franse nuuskanaal LCI, het 64% van die ondervraagdes van die Franse Generale se ope brief gehoor. In totaal ondersteun 58% van die respondente die weermag wat die brief onderteken het, wat onder ‘n steekproef van 1,613 mense voltooi is. In totaal glo 84% van die ondervraagdes dat geweld by die dag toeneem en 73% glo dat Frankryk uitmekaar val.

En dan iets wat hulle beslis nie sal wil hoor nie: byna 1 uit 2 Franse glo dat Frankryk “binnekort ‘n burgeroorlog sal beleef” en dat “die leër moet ingryp sonder om daartoe beveel te word.

Luister Hier:

[audio mp3="https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/05/3-Mei-Frankryk-1.mp3"][/audio]

Enkele gedeeltes uit die ope brief van die weermag (vertaal):

Die gevare neem toe, en geweld neem by die dag toe. Wie kon tien jaar gelede voorspel het dat ‘n onderwyser eendag buite sy skool