Wêreld Ekonomiese Forum se Agenda vir Wêreld Oorheersing is met “The Great Reset” nou ook die Hoofstroom se Agenda!

Wêreld Ekonomiese Forum se Agenda vir Wêreld Oorheersing is met "The Great Reset" nou ook die Hoofstroom se Agenda!

Die vier dae lange vergadering van die wêreld oorheersende Wêreld Ekonomiese Forum lede, het onder groot bewaking, vanaf 22 Mei begin. Na twee jaar van afwesigheid, as gevolg van die korona-hipnose, word dit agter ‘n mag van 5,000 soldate en polisie gehou, en die gebied rondom en bokant Davos in Switserland word streng beskerm, selfs met ‘n “no fly zone”.

Afrika Unie Speel Weer Slagoffer Nieteenstaande dat “Ryk Lande” AGT Keer Meer Covid Sterftes per Miljoen Mense het!

Afrika Unie Speel Weer Slagoffer Nieteenstaande dat "Ryk Lande" AGT Keer Meer Covid Sterftes per Miljoen Mense het!

Die Europese Unie se Afrika Unie het verklaar dat “ryk lande” moet ophou om Covid entstowwe op te berg, om te gebruik vir toekomstige boosters, wat nog nie nodig blyk te wees nie, maar moet dit liewer aan Afrika gee. Natuurlik speel AU alweer die bak hand rassekaart dat Afrika die ewige slagoffer is, om weer gratis goed te kry, maar die waarheid is dat Afrika taamlik lig van die hele pandemie afgekom het, nieteenstaande al die hoofstroom vreesaanjaging en propaganda nie. Die waarheid is dat Afrika slegs ‘n fraksie van die Covid sterftes het as Europa en VSA.

ANC Regering se Staatsentiteit Biovac-instituut Hoop om in 2022 met BioNTech en Pfizer 100 Miljoen Covid-entstowwe per Jaar te Produseer

Pfizer, BioNTech en die ANC-regering se parastataal, Biovac-instituut het aangekondig dat hulle ‘n ooreenkoms aangegaan het om volgende jaar die mRNA Covid-entstof in die land te produseer, wat tot 100 miljoen dosisse per jaar “vir Afrika” kan vervaardig. Natuurlik sal dit eers ANC plundering, kaderontplooiing en BSEB kanker moet oorleef.

Inenting is nie ‘n Waarborg nie! In Israel is Helfte van Nuwe Gevalle Voorheen Ingeënt – 90% Besmet met Delta/India Mutasie!

Volgens ‘n Israeli amptenaar, is die helfte van volwassenes wat in die jongste COVID-19-uitbraak besmet is, volledig ingeënt. Ongeveer 90 persent van die nuwe COVID-19-infeksies in Israel is veroorsaak deur die India / Delta-variant van die CCP-virus, het amptenare gesê, terwyl hulle bygevoeg het dat ongeveer die helfte van die volwassenes, wat in die onlangse uitbraak besmet is, volledig ingeënt was.

Wêreldgesondheidsorganisasie het net Een Taak Gehad maar het Heeltemal Misluk Daarin! – Mike Pompeo

VSA se voormalige Minister van Buitelandse sake, Mike Pompeo, het die reaksie van die Wêreldgesondheidsorganisasie op COVID-19 pandemie erg kritiseer, en aangevoer dat die instelling “heeltemal misluk het” in die “een taak wat hy gehad het” om te doen, naamlik om die pandemie te voorkom.

Indonesië Stop Verspreiding van 450,000 AstraZeneca-entstowwe oor Kommernis oor “Steriliteit en Toksisiteit”

‘n Groot hoeveelheid AstraZeneca se Covid-19-entstof dosisse is in Indonesië terug gehou nadat ‘n 22-jarige gesterf het, ‘n dag nadat hy dit gekry het. Die groep dosisse sal deur addisionele toetse vir “steriliteit en toksisiteit” gesit word.

Die stap is Sondag deur die Indonesiese ministerie van gesondheid aangekondig. Die staking volg op die skielike dood van ‘n 22-jarige man, wat ‘n dag nadat hy ‘n AstraZeneca-entstof inspuiting gekry het, dood is.

Luister hier:


Dit

Trump Vat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) aan wat te “China-gesentreerd” is en Als Verkeerd Gedoen het oor die Chinese Virus COVID19!

In ‘n lang agterstallige kommentaar, het die Amerikaanse President Donald Trump gedreig om geld terug te hou van die beleërde Wêreldgesondheidsorganisasie, wat die sukkelende globalistiese organisasie sonder fondse van sy grootste skenker sal los, aangesien baie van sy 194 lede tans deur die koronavirus geteister word. Sal China, wat blykbaar die WGO beheer, en na bewering al herstel het, ingryp en die ekstra geld aanbied, spesifiek noudat die WGO die wêreld aanmaan om aan China “dankbaarheid en respek” te betoon?

Tydens sy daaglikse inligtingsessie oor die coronavirus situasie Dinsdag, het Trump ‘n aanval geloods, hierdie keer teen die WGO, en gesê dat die organisasie wat hy ‘China-centric’ genoem het, te stadig en ondoeltreffend was in reaksie op die pandemie van die coronavirus. Hy het gesê “Die Wêreldgesondheidsorganisasie ontvang groot hoeveelhede geld van die Verenigde State, ons betaal die grootste deel van hul geld,<