Stuur Valentyn Blomme en Geskenke Aan U Geliefde Aanlyn Vandag!

Stuur Valentyn Blomme nou

Dit neem slegs ‘n paar klieks om blomme, sjokolade, geskenke, geskenkmandjies, kaarte, linne, klere en selfs drank na enige plek in Suid-Afrika te stuur, of na die buiteland. Ons het plaaslike kantore oraloor, en aflewering van blomme betyds, is nooit ‘n probleem nie.

Voer Eskom Krag uit na #SAPP Wanneer dit Koue Weer as Verskoning Gebruik om Slegte Onderhoud en Korrupsie te Verberg?

Voer Eskom Krag uit na #SAPP Wanneer dit Koue Weer as Verskoning Gebruik om Slegte Onderhoud en Korrupsie te Verberg?

Koue weer in winter is selfs vir diere vanselfsprekend, maar vir Eskom is dit ‘n verassing? Vir dekades in Apartheid, voor die ANC regime die destydse eerste wêreld land gegee is, het Eskom sonder onderbreking die aanvraag voorsien danksy goeie lang termyn beplanning en onderhoud maatreëls, maar nou het Eskom gewaarsku oor elektrisiteitsfoute in KwaZulu-Natal weens koue weer! Die vraag is, word krag nog stilletjies na die buitelandse #SAPP netwerk gestuur, wanneer ons gevra word om krag, waarvoor ons duur betaal het met belasting, te bespaar? Word ons ook daar geforseer om Afrika te onderhou en op die been te hou? Selfs Malawi se kragvoorsiener word “Escom” genoem!

ANC Regering Bedel vir Private Beleggers om vir Transnet Uitbreidings te Betaal by Omstrede Durban-hawe

ANC Regering Bedel vir Private Beleggers om vir Transnet Uitbreidings te Betaal by Omstrede Durban-hawe

Nieteenstaande die benoeming as een van de ergste hawens ter wêreld, en kort nadat ‘n hele skeepshouer van ammunisie verdwyn het van Durban hawe tydens onlangse onluste, beplan Transnet Port Terminals om ‘n “superterminal” in Durban te skep, wat die hawe in staat sal stel om baie groot vaartuie te hanteer, en hopenlik die doeltreffendheid van die hawe sal verbeter. Maar blykbaar wil die ANC private beleggers se geld op die spel plaas.

Bheki Cele en Khehla Sitole Ondervra oor 1.5 Miljoen Omstrede Koeëls wat Gesteel is Tydens ANC Onluste!

Slegs klein hoeveelhede van die ammunisie wat uit ‘n skeepsvraghouer in Durban gebuit is, is teruggevind, het die parlement se portefeuljekomitee Donderdag gehoor. Dit was een van die vrae wat Donderdag tydens ‘n inligtingsessie deur SAPD-amptenare tydens die parlement se polisieportefeuljekomiteevergadering geopper is.

Domino-effek van ANC Geweld: Transnet Sluit NatCor, die Ruggraat van Goedere Vervoer Tussen Gauteng en Durban

Transnet het Woensdag gesê dat een van die belangrikste spoorlyne in die land, wat Durban met Gauteng verbind tydelik gaan sluit. Die aankondiging kom kort op die hakke van die tydelike sluiting van SAPREF olieraffinadery.

Het Ramaphosa #FreeZuma Onderskat? Suid Afrika Brand! Grootste Raffinadery, Suikermeule, Winkels, Hoofpaaie en Openbare Vervoer Sluit Weens Onluste!

Die #FreeZuma onluste maak wêreldwye nuus, met Fox News wat berig oor die onluste en plundery as dieselfde as “wat ons gesien het in Amerika,” met verwysing na BLM se landswye onluste en plundering laas jaar aangehits deur die Demokrate. Ramaphosa kon seker nie die geleentheid om die leier van sy politieke opposisie in hegtenis te neem, van die hand wys nie, maar het hy ‘n groter bomb aangesteek as wat self hy gedink het, want dit blyk dat die ANC regime glad nie daarvoor voorbereid was nie!

Durban Munisipaliteit Wil Ook Eerste Stad in SA Wees wat Private Kragooreenkoms Kry, Maar Sal Hulle nogsteeds Verbruikers se Betalings Steel?

Durban se eThekwini-munisipaliteit meen hulle is die die eerste in die land om voorstelle in te win vir private kragopwekking. Die vraag is nogsteeds, waarom kan mense nie direk aan Eskom hul betalings maak nie, om te verhoed dat Munisipaliteite betalings steel?

Pro Zuma Proteste Sprei van KZN na Gauteng! Het Ramaphosa ANC Verdeel Deur sy Politieke Opposisie Tronk toe te Stuur?

Ramaphosa en sy ANC faksie probeer hul bes om die bom te ontlont wat hulle aangesteek het, deur die leier van hul politiek opposisie in die tronk te sit! SAPD het gewaarsku teen aanhitsing van geweld te midde van protes teen die in hegtenis neming van Jacob Zuma, wat al snelweë beïnvloed het en besigheid skade veroorsaak, wat kort voor lank die reeds swak ekonomie kan beïnvloed, en natuurlik word Covid maatreëls heeltemal vergeet. Dit is die Afrika manier om korrupte leiers te vereer en selfs Mugabe was deur sy volgers as “die Leeu van Afrika” aanbid. Net so wil die Zoeloe hul korrupte held red en dink weereens nie aan die gevolge van hul onluste in die sakewêreld nie, of die res van die land wat hulle glo deel.

4 SA Hawens Onder Die Slegste Vyf Wêreldwyd in Wêreldbank Verslag, maar ANC se Transnet Soek Skuld Elders!

Die sukkelende hawe van Durban is aangewys as een van die drie slegste vragterminale uit 351 bekwame hawens ter wêreld, in ‘n verslag van die Wêreldbank, wat ook wys dat Ngqura, Port Elizabeth en Kaapstad ook nie veel beter vaar nie.

In kategorieë waarin administratiewe prosesse beoordeel word, sowel as die Statistiek afdeling – waar daar na Infrastruktuur- en Bedryfsvereistes gekyk word, eindig Durban laaste uit 351 ander hawens vir albei, met Ngqura, Port Elizabeth en Kaapstad wat net so sleg vaar, en onder die slegste vyf in beide kategorieë ook val!

Luister Hier:


Slegs Twee Dae Oor Om Blomme, Sjokolade, Kaarte, Mandjies en Geskenke te Bestel en te Stuur Aan U Valentyn!

Stuur blomme, sjokolade, geskenke, geskenkmandjies, kaarte, linne, klere en selfs drank na enige plek in Suid-Afrika, of in die buiteland. Ons het plaaslike kantore oraloor, en aflewering van blomme betyds met die SA se gunsteling aanlyn Bloemiste is nooit ‘n probleem nie. Ons internasionale netwerk strek tot by die Verenigde Koninkryk, Australië, die VSA en die res van die wêreld. U hoef nie tyd af te neem van werk om bloemiste of winkels te besoek nie, ons blomme is ongeëwenaard.

 

KLIK VIR GESKENKE VIR HAAR

KLIK VIR GESKENKE