Maties is nou ‘n Globalistiese Onderdrukker wie se Nuwe Embleem en Taalbeleid Bewys Swartes Kies Engels Bo Hul Eie Tale!

Dit is duidelik dat die gesprek by Universiteit Stellenbosch (US) nie gaan oor meertaligheid nie, maar liewer hoe om Afrikaans, die derde mees gesproke taal in die land, te verwyder, en engels, die vierde mees gesproke taal, heel bo te plaas. Dit blyk dat die kommunistiese taktiek van “inkrementalisme” toegepas word, waar elk “nuwe” taalbeleid teen ’n versnelde en rampspoedige spoed, verengelsing implementeer. Hoe meer nuwe taalbeleide en hersienings, hoe gouer die verengelsing, wyl min besef dat hulle vinniger af die gladde afgrond gly. Nog minder besef hulle, dat al is Afrikaans vyand nommer een, die bantoe tale net soveel in die visier is…

Met die hoeveelste nuwe konseptaalbeleid wat selfs Afrikaans as inheemse taal ontken, maar nie engels se inheemsheid bevraagteken nie, waar akademici hul woorde moet tel wanneer hulle met die militante ver links gedrewe media praat, en nogal koshuise wat studente verbied

#LockDownForever? Covid-entstowwe Dalk Binne ‘n Jaar Verouderd, sê Wetenskaplikes, wat Beteken dat Sosialistiese ANC-totalitarisme en Rassistiese Plundering net Erger Gaan Word!

#VolksEnstof – Inentings teen koronavirus kan binne ‘n jaar verouder word, volgens toonaangewende epidemioloë, en die slordige, gepolitiseerde manier wat baie lande hul inentings uitgerol het, maak die scenario nog meer waarskynlik. Wetenskaplikes het reeds erken Covid-19 kan nooit heeltemal uitgewis word nie, en hierdie nuwe uitlatings beteken dat die ANC en ander sosialistiese regerings, ons vir ewig onder inperking kan hou, of dit gebruik wanneer hulle die behoefte het om hul “Groot Reset” verder uit te voer, en hul ekonomiese oorlogvoering teen die wit minderheid uit te brei? Wetenskaplikes sê ook dat hulle nie weet wat die presiese gevolge is van die nuwe, haastig vervaardigde, kommersiële entstowwe op mense se liggame nie, maar een ding is duidelik, dat die ANC hierdie Covid-ding sal aanhou melk vir ‘n magsgreep- en geldmaakgeleentheid, veral aangesien daar nou beweer word dat mense elke jaar ‘n Covid-entstof moet kry. Die volgende verkie