Afrikaans is op 14 Augustus 146 Jaar Oud, Ironies Ook die Laaste Dag vir Kommentaar op Tweede Konsep-Weergawe van Universiteit Stellenbosch se Taalbeleid

Afrikaans is op 14 Augustus 146 Jaar Oud, Ironies Ook die Laaste Dag vir Kommentaar op Tweede Konsep-Weergawe van Universiteit Stellenbosch se Taalbeleid

Op 14 Augustus is dit jaarliks Afrikaanse Taaldag en word dit herdenk as die  geboortedag van Afrikaans want op die datum op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) te Paarl gestig. Derhalwe is Afrikaans vanjaar 146 jaar oud. In die tydperk is Afrikaans uitgebrei tot akademiese en wetenskapstaal wat volgens Prof Wannie Carstens, bekende taalkundige, een van vyf vereistes vir oorlewing van enige taal is, wel, dit is totdat globalisme aangekom het…

Maties is nou ‘n Globalistiese Onderdrukker wie se Nuwe Embleem en Taalbeleid Bewys Swartes Kies Engels Bo Hul Eie Tale!

Dit is duidelik dat die gesprek by Universiteit Stellenbosch (US) nie gaan oor meertaligheid nie, maar liewer hoe om Afrikaans, die derde mees gesproke taal in die land, te verwyder, en engels, die vierde mees gesproke taal, heel bo te plaas. Dit blyk dat die kommunistiese taktiek van “inkrementalisme” toegepas word, waar elk “nuwe” taalbeleid teen ’n versnelde en rampspoedige spoed, verengelsing implementeer. Hoe meer nuwe taalbeleide en hersienings, hoe gouer die verengelsing, wyl min besef dat hulle vinniger af die gladde afgrond gly. Nog minder besef hulle, dat al is Afrikaans vyand nommer een, die bantoe tale net soveel in die visier is…

Met die hoeveelste nuwe konseptaalbeleid wat selfs Afrikaans as inheemse taal ontken, maar nie engels se inheemsheid bevraagteken nie, waar akademici hul woorde moet tel wanneer hulle met die militante ver links gedrewe media praat, en nogal koshuise wat studente verbied