Afrikaans is op 14 Augustus 146 Jaar Oud, Ironies Ook die Laaste Dag vir Kommentaar op Tweede Konsep-Weergawe van Universiteit Stellenbosch se Taalbeleid

Afrikaans is op 14 Augustus 146 Jaar Oud, Ironies Ook die Laaste Dag vir Kommentaar op Tweede Konsep-Weergawe van Universiteit Stellenbosch se Taalbeleid

Op 14 Augustus is dit jaarliks Afrikaanse Taaldag en word dit herdenk as die  geboortedag van Afrikaans want op die datum op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) te Paarl gestig. Derhalwe is Afrikaans vanjaar 146 jaar oud. In die tydperk is Afrikaans uitgebrei tot akademiese en wetenskapstaal wat volgens Prof Wannie Carstens, bekende taalkundige, een van vyf vereistes vir oorlewing van enige taal is, wel, dit is totdat globalisme aangekom het…

Lesufi Maak sy Volksmoord Plan Bekend om die Doodsklok vir Afrikaanse Skole te Lui!

ANC se Sosialistiese Volksmoord plan en Sentralisering van mag stoom voort. Die ANC se Gauteng departement van Onderwys beplan om volgende week ‘n konsep dokument te publiseer, wat dit ten doel stel om Afrikaanse skole finaal die nek om te draai en totaal te vernietig. Dit is ‘n hoogs ideologiese dokument en tipies ANC, is dit niks anders nie as ‘n baie ambisieuse sosialistiese sosiale manipulasie om geforseerde rasse teikens te stel, vir elke enkele tradisionele Afrikaanse skool in die provinsie.

Maties is nou ‘n Globalistiese Onderdrukker wie se Nuwe Embleem en Taalbeleid Bewys Swartes Kies Engels Bo Hul Eie Tale!

Dit is duidelik dat die gesprek by Universiteit Stellenbosch (US) nie gaan oor meertaligheid nie, maar liewer hoe om Afrikaans, die derde mees gesproke taal in die land, te verwyder, en engels, die vierde mees gesproke taal, heel bo te plaas. Dit blyk dat die kommunistiese taktiek van “inkrementalisme” toegepas word, waar elk “nuwe” taalbeleid teen ’n versnelde en rampspoedige spoed, verengelsing implementeer. Hoe meer nuwe taalbeleide en hersienings, hoe gouer die verengelsing, wyl min besef dat hulle vinniger af die gladde afgrond gly. Nog minder besef hulle, dat al is Afrikaans vyand nommer een, die bantoe tale net soveel in die visier is…

Met die hoeveelste nuwe konseptaalbeleid wat selfs Afrikaans as inheemse taal ontken, maar nie engels se inheemsheid bevraagteken nie, waar akademici hul woorde moet tel wanneer hulle met die militante ver links gedrewe media praat, en nogal koshuise wat studente verbied

Deeltydse Vertalers en Skrywers Gesoek: Ons Benodig Bydraers vir SAUK Nuus se Volksgesinde Platforms. (Nie Deel van SABC nie).

WAARVOOR WAG ONS? Verdien ‘n bietjie sakgeld terwyl U ons platform gebruik om jou vaardigheid te ontwikkel, te leer en ons mense te help. Ons het natuurlik nie die bodemlose sakke van die globaliste nie, wat die ANC se “struggle” meelopers na VSA, Kanada, Europa en Rusland gestuur het, om deur Marxiste geleer te word hoe om mense te breinspoel. Hierdie linksgesinde mense is nou in gesag in SA en die gevolge hiervan is wat ons volk elke dag in hoofstroom media lees, en deel! Is dit enige wonder ons mense buig die knieë en aanbid ander volke en ander gode? Tyd om terug te veg, en U kan ons help.

Ons soek spesifiek skrywers en vertalers (Afrikaans / Engels / Nederlands / Duits) om ons volk reg te help met nuus en informasie wat nie sekere feite weerhou nie, soos hoofstroom media doen nie. Ons wil ook streeksbydraers vind.

Kennis van hoe om met Wordpress en Facebook te pos sal ‘n voordeel wees, maa