Drie van SA stede onder die 50 gevaarlikste ter wêreld

Volgens ’n verslag van die Mexikaanse burgerraad vir openbare veiligheid en strafreg het Suid-Afrika drie van die 50 gevaarlikste stede ter wêreld.

Die gevaarlikste stad en die 11de gevaarlikste ter wêreld is Kaapstad met 2 868 moorde wat slegs in 2018 hier gepleeg is uit ’n bevolking van 4 322 031.

Die tweede gevaarlikste stad in Suid-Afrika is Port Elizabeth, wat die 45ste plek op die lys beklee. In 2018 is 478 moorde uit ’n bevolking van 1 220 616 gepleeg.

Durban, die derde gevaarlikste stad in Suid-Afrika, beklee die 47ste plek op die lys – 1 562 moorde is in 2018 in ’n bevolking van 4 055 969 gepleeg.

Die gevaarlikste stad ter wêreld is Tijuana in Mexiko waar daar in 2018 is 2 640 moorde gepleeg is in ’n bevolking van 1 909 424.

Die tien gevaarlikste stede kom almal in hierdie lande voor: Mexiko (vyf), Venezuela (drie) en Brasilië (twee). Bronne: USAToday en Seguridadjustice, verwerk.