Sal ons Almal op ons Oudag Vermoor Word? Bejaarde Danielskuil man Sterf na hy met Gholfstok Geslaan is Gedurende Huisinval!

‘n Lewe vir ‘n TV? ‘n Bejaarde inwoner van Danielskuil in die Noord-Kaap, At van der Merwe, is dood aan ‘n hartaanval veroorsaak deur skok toe hy met ‘n gholfstok getref is, toe hy en sy vrou, albei in hul 70’s, vroeg op Vrydagoggend 24 Julie 2021, in hul huis aangeval is. Sy baie brose vrou, Elize, se een been is gebreek toe een van die aanvallers op haar been gespring het.