Geplunderde Goedere word Vernietig omdat “Our People” ​​nie Basiese Ekonomie Verstaan nie – Minister Ntshavheni

Net wanneer ons dink ons het dit als gehoor, kom ‘n waarnemende Minister wat sy eie mense beledig wyl hy self waansinnig optree. Waarnemende minister in die presidensie (wat dit ookal beteken), Khumbudzo Ntshavheni, het die besluit verdedig om goedere te vernietig wat teruggevind is na die plundertogte verlede week in Gauteng en KwaZulu-Natal.

ANC Regering se Staatsentiteit Biovac-instituut Hoop om in 2022 met BioNTech en Pfizer 100 Miljoen Covid-entstowwe per Jaar te Produseer

Pfizer, BioNTech en die ANC-regering se parastataal, Biovac-instituut het aangekondig dat hulle ‘n ooreenkoms aangegaan het om volgende jaar die mRNA Covid-entstof in die land te produseer, wat tot 100 miljoen dosisse per jaar “vir Afrika” kan vervaardig. Natuurlik sal dit eers ANC plundering, kaderontplooiing en BSEB kanker moet oorleef.

Eedsverklaring van Vermiste Fluitjieblaser Beweer Ramaphosa se CR17-veldtog het Regter Zondo R5 Miljoen Kontant Gegee en NDZ-personeel Omgekoop!

Eedsverklaring van Vermiste Fluitjieblaser Beweer Ramaphosa se CR17-veldtog het Regter Zondo R5 Miljoen Kontant Gegee en NDZ-personeel Omgekoop!

Volledige beëdigde verklaring hieronder sodat U self kan besluit: Dit is welbekend dat groot bedrae geld bekom en bestee is om Cyril Ramaphosa te kry om NDZ in 2017 se ANC-leierskapsverkiesing, naelskraap te klop. Wat die jongste bewerings van kardinale belang maak, is dat die regter wat die BOSASA-korrupsiesaak gelei het, Raymond Zondo, die vermeende ontvanger van R5 miljoen kontant is. Die Valke het bevestig dat hulle vier sake ondersoek wat verband hou met die beëdigde verklaring deur die vermiste ANC-kader Phadima Fukula, oor korrupsie by Cyril Ramaphosa se CR17-verkiesingsveldtog, wat regter Raymond Zondo, Gwede Mantashe, die Ooskaap-premier Lubabalo Oscar Mabuyane, en Blade Nzimande betrek.

Durban Munisipaliteit Wil Ook Eerste Stad in SA Wees wat Private Kragooreenkoms Kry, Maar Sal Hulle nogsteeds Verbruikers se Betalings Steel?

Durban se eThekwini-munisipaliteit meen hulle is die die eerste in die land om voorstelle in te win vir private kragopwekking. Die vraag is nogsteeds, waarom kan mense nie direk aan Eskom hul betalings maak nie, om te verhoed dat Munisipaliteite betalings steel?

Suid-Afrika Nou Amptelik ‘n Onvolhoubare Sosialistiese Staat! 18 Miljoen (Derde van Bevolking) op Welsyn Onderhou deur net 14 Miljoen Belastingbetalers!

Een uit drie mense ontvang welsyn in ANC se SA! Die ANC het dit uiteindelik dit reggekry om ‘n eerste wêreld land heeltemal om te keer na ‘n sosialistiese humanitêre rampgebied, en self die ekonomie is nou heeltemal omgedraai! Onder die sosialistiese ANC regime het Suid-Afrika se aantal werkgeleenthede en maatskaplike toelaes, die afgelope twintig jaar effektief omgekeer, en dit is nie volhoubaar nie en is dus nou een van die land se grootste risikos, sê Nkosana Mashiya, uitvoerende hoof van Risikobestuur by Capitec.

Interpol Reik Rooi-kennisgewings Uit Teen die Gupta-broers en hul Vrouens om vir Aanklagte in SA Verhoor te Word

Volgens die ondersoekdirektoraat (ID) het die pogings om die Gupta-broers en hul vrouens na SA terug te bring toegeneem, om tereg te staan op aanklagte, na Interpol rooi kennisgewings oor hul inhegtenisneming uitgereik het.

Guptas het Optimum Myn gekoop met behulp van fondse wat van die staat gebuit is – Zondo-kommissie

Paul Holden, navorser van Shadow World Investigations, het Vrydag glo aan die staatskapingkommissie gesê dat die staat meer as R1 miljard betaal het om die Optimum-myn vanuit die Gupta-besit te koop.

Hunter Biden het Belê in Pandemie Firma Metabiota, wat met Wuhan-laboratorium en Daszak se EcoHealth Saamgewerk het!

Rosemont Seneca Technology Partners (RSTP), ‘n beleggingsonderneming onder leiding van Joe Biden se seun Hunter Biden, was ‘n leidende finansiële ondersteuner van Metabiota, ‘n pandemie-opsporings- en reaksieonderneming wat saamgewerk het met Peter Daszak se EcoHealth Alliance en die Wuhan Institute of Virology.

Cyril Hoor Vandag of sy CR17 Verkiesingsveldtog Befondsing Wettig was

Ramaphosa se presidentsverkieseing veldtog was glo befonds deur ‘n veldtog bekend as CR17, glo deur die White Monopoly Capital (WMC). Die Grondwethof sal glo vandag uitspraak lewer in die saak.

Familie van Guptas? Twee Indiër Broers, die Cajees, Verdwyn met R51 Miljard se Bitcoin!

‘n Paar Indiër broers Raees (17) en Ameer Cajee (21) het verdwyn, tesame met Bitcoin ter waarde van $ 3,6 miljard vanaf hul kriptokurrency-beleggingsplatform. ‘n Kaapstadse regsfirma wat deur beleggers / slagoffers aangestel is, sê dat hulle die broers nie kan opspoor nie, en het die saak by die Valke, ‘n elite-eenheid van die nasionale polisie, aangemeld. Kripto-uitruilings platforms regoor die wêreld is ook in kennis gestel sou die Cajee broers probeer om die digitale munte om te skakel.