Guptas het Optimum Myn gekoop met behulp van fondse wat van die staat gebuit is – Zondo-kommissie

Paul Holden, navorser van Shadow World Investigations, het Vrydag glo aan die staatskapingkommissie gesê dat die staat meer as R1 miljard betaal het om die Optimum-myn vanuit die Gupta-besit te koop.

Nog ‘n mynhuis verlaat Suid-Afrika. AngloGold lig sy ankers en verkoop al sy SA belange aan Harmony

Met die voortdurende agteruitgang van die bedryfsomgewing in SA, het AngloGold ook besluit om by die uittog aan te sluit en het uit Suid-Afrika onttrek, wat die ekonomiese toestande verder verswak, hoewel al hul SA belange van die hand gesit is.

Sodoende beëindig die myngroep sy lang geskiedenis van mynbou in Suid-Afrika, en met die verkoop van al sy belange teen R4,4 Miljard, het hy uiteindelik sy hakke aan SA gewys.

Die nuwe eienaars, Harmony, het die laaste twee aktiewe bedrywighede van AngloGold opgekoop met die doel om sy eie risiko te verminder.

Die feit dat Harmony die bedryf gekoop het, beteken egter nie dat alles onveranderd bly nie, want elke mynhuis of nywerheid wat die land verlaat, laat nuwe beleggers binnekom en die belange oor te neem en die Kanadese Kelvin Dushnisky, AngloGold se uitvoerende hoof, het nie die gras onder sy voete laat groei nie, en het van die een groep na die volgende verhuis en die laaste deel van die belange in SA verkoop.