Skorsing (met Volle Salaris) van Ministers is nie Genoeg nie! 81% sê Korrupte Ministers Moet Afgedank Word!

Die lang lys van ANC ministers wat geskors word, of van hul pligte verlos word, gewoonlik nog op volle salaris, het groot debat ontlok. Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, is een van die mees onlangse ministers wat geskors is nadat hy in Junie op “spesiale verlof” geplaas is, hangende ‘n ondersoek na ‘n kontrak tussen die departement van gesondheid, en diensverskaffer Digital Vibes, met wie hy persoonlike vriende was, wat na bewering verdag is.