Ramaphosa Voltooi Magsgreep en Neem Beheer van Staatsveiligheid en Verwyder Zuma Faksie Ondersteuners in Nuwe (nogsteeds Korrup) Kabinet!

Na ‘n vinnige “pouse” het Cyril sy nuwe groter kabinet onthul, nog voor meeste van die ANC daarvan geweet het volgens Jessie Duarte. Dieselfde strategie wat hy gebruik het met die Zuma inhegtenisname: laat die situasie vererger en slaan toe wanneer niemand dit verwag. Maar dit het ook baie sogenoemde kenners verbaas. Na ‘n patetiese vertoning, in wetstoepassing en die handhawing van wet en orde om SA burgers veilig te hou, behou Cele sy posisie! Watse houvas het die korrupte minister op’n selfs meer korrupte ANC?

Eedsverklaring van Vermiste Fluitjieblaser Beweer Ramaphosa se CR17-veldtog het Regter Zondo R5 Miljoen Kontant Gegee en NDZ-personeel Omgekoop!

Eedsverklaring van Vermiste Fluitjieblaser Beweer Ramaphosa se CR17-veldtog het Regter Zondo R5 Miljoen Kontant Gegee en NDZ-personeel Omgekoop!

Volledige beëdigde verklaring hieronder sodat U self kan besluit: Dit is welbekend dat groot bedrae geld bekom en bestee is om Cyril Ramaphosa te kry om NDZ in 2017 se ANC-leierskapsverkiesing, naelskraap te klop. Wat die jongste bewerings van kardinale belang maak, is dat die regter wat die BOSASA-korrupsiesaak gelei het, Raymond Zondo, die vermeende ontvanger van R5 miljoen kontant is. Die Valke het bevestig dat hulle vier sake ondersoek wat verband hou met die beëdigde verklaring deur die vermiste ANC-kader Phadima Fukula, oor korrupsie by Cyril Ramaphosa se CR17-verkiesingsveldtog, wat regter Raymond Zondo, Gwede Mantashe, die Ooskaap-premier Lubabalo Oscar Mabuyane, en Blade Nzimande betrek.