Geplunderde Goedere word Vernietig omdat “Our People” ​​nie Basiese Ekonomie Verstaan nie – Minister Ntshavheni

Net wanneer ons dink ons het dit als gehoor, kom ‘n waarnemende Minister wat sy eie mense beledig wyl hy self waansinnig optree. Waarnemende minister in die presidensie (wat dit ookal beteken), Khumbudzo Ntshavheni, het die besluit verdedig om goedere te vernietig wat teruggevind is na die plundertogte verlede week in Gauteng en KwaZulu-Natal.