
Orania het ‘n reg om te bestaan!
Wêreld Nuus
Massa media die wêreld oor demoniseer nou vir Vladimir Putin, soos hulle die afgelope 5 jaar met Trump gedoen het, waar hulle, soos gewoonlik, nie al die feite gee nie, of hulle versprei disinformasie, innuendo en fopnuus, net soos hulle gedoen het met hul valse pandemie narratief. Die nuutste “bogeyman” is om hul beheer en invloed oor Ukraine te behou en versterk, maar dit neem natuurlik ook die kollig af van hul totalitêre pandemie agenda, en sleepy Joe Biden se aanhoudende flaters.
Nadat baie mense en organisasies soos PANDA, die Solidariteit Beweging en Nuus.net, nou al vir amper 2 jaar vir die ANC gesê het dat lockdowns nie werk nie – en die bietjie van die ekonomie wat oorgebly het verder sal vernietig – en organisasies soos AfriForum en Solidariteit drakoniese lockdown maatreëls ook in die hof probeer beveg het – waar die ANC se handpop regters alle aansoeke teen die ANC se lockdowns en noodtoestand eenvoudig afgeskiet het, is lockdowns en kwarantyn prosedure nou so stil-stil effektief afgeskaf.
Dit is tragies dat die howe die ware diversiteit van Suid-Afrika, met ‘n dosyn tale, van die ANC regime moet beskerm, maar dit bly egter onverkwiklik dat die regering diversiteit predik maar eentaligheid toepas. Aan die vooraand van Erfenisdag is die uitspraak dus gepas deurdat dit die taalregte van studente erken en ʼn bepaalde verpligting ten opsigte van uitvoering aan Unisa opgelê het. Dit is ewe onverkwiklik dat taal- en kultuurgemeenskappe hulle in die finale instansie na die howe moet wend om hulle regte op te eis aangesien diverse tale met spesifieke verwysing na Afrikaans, grootliks uitgerangeer word, veral by histories Afrikaanse universiteite.
Al is die Chinese CoronaVac entstof nie volledig in Suid Afrika goedgekeur of gebruik nie, word SA ingesluit met ander derde wêreld lande in die Fase III-proewe van Sinovac se entstof teen koronavirus siekte (Covid-19) by kinders en adolessente. Die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse been is onlangs gehou in Pretoria, Suid-Afrika, waar ongeveer 2,000 kinders en adolessente van ses maande tot 17 jaar ingeskryf sal wees, om die veiligheid en doeltreffendheid van die CoronaVac entstof te toets, al wys resultate van proewe sover slegs 50% effektiwiteit. Die proewe sal wêreldwyd 14,000 kinders in Chili, die Filippyne, Maleisië, Kenia en Suid Afrika toets.
Kan dit wees dat die ver links in VSA en die ver regs in SA saamstem? Albei meen dat blankes in SA hul verslawing aan swart arbeid moet stopsit, maar soos gewoonlik is die ver links meer radikaal, geweldadig, moorddadig en net vieslik met hul aanbieding van hul idees! Die Professor in Pennsylvania leer sy studente dat witmense wat selfm00rd pleeg ‘n ‘etiese’ daad kan wees, omdat hulle aanhou om swartes in onderdanige poste aan te stel. Die ironie is dat baie blanke Suid Afrikaners alreeds besef het dat om swartes aan te stel, nie net gevaarlik is nie, maar in elk geval self volksmoord is!
Hanlie Geldenhuis, ‘n weerlose bejaarde vrou, met die ryp ouderdom van 94 jaar, se lewe het tragies tot ‘n einde gekom aan die hand van ‘n onbekende aantal barbare. Hulle het haar die nag van 27 Augustus 2021 summier deur die venster geskiet. op haar plaas in Kalbasfontein, in Westonaria, Oos van Fochville, in die Gauteng-provinsie van Suid-Afrika.
Suid Afrika het nou die ergste werkloosheid ter wêreld volgens ‘n Bloomberg monitor, en val nou onder ander rampspoedige lande soos Colombia, Cuba, Syria en Venezuela. Vir al Ramaphosa se mooi praatjies en beloftes, verstaan hy nie dat een hoofdoel van ‘n goeie regering, is om ‘n ekonomie daar te stel, wat die inwoners van die land die geleentheid gee om ‘n eerlike bestaan te kan maak. Die ANC regering doen dit allermins. Hulle stel ‘n voorbeeld van korrupsie en onvolwassenheid. Korrupsie bou geen ekonomie. Plundery is net dit. Dit bou niks. En dan die belaglike redes wat aangevoer word: gratis behuising, gratis onderrig, gratis als, wat die bogenoemde net vererger. En as ANC aanhangers dit nie gratis kry nie, gooi hulle ‘n vloermoer soos ‘n kleuter, en brand alles af wat hulle sien.