Werkloosheid in Sosialistiese SA op 44,4% met dié wat nie wil Werk Ingesluit, en dra glo by tot Onluste en Plundery!

Werkloosheid in Sosialistiese SA op 44,4% met dié wat nie wil Werk Ingesluit, en dra glo by tot Onluste en Plundery!

Suid Afrika het nou die ergste werkloosheid ter wêreld volgens ‘n Bloomberg monitor, en val nou onder ander rampspoedige lande soos Colombia, Cuba, Syria en Venezuela. Vir al Ramaphosa se mooi praatjies en beloftes, verstaan hy nie dat een hoofdoel van ‘n goeie regering, is om ‘n ekonomie daar te stel, wat die inwoners van die land die geleentheid gee om ‘n eerlike bestaan te kan maak. Die ANC regering doen dit allermins. Hulle stel ‘n voorbeeld van korrupsie en onvolwassenheid. Korrupsie bou geen ekonomie. Plundery is net dit. Dit bou niks. En dan die belaglike redes wat aangevoer word: gratis behuising, gratis onderrig, gratis als, wat die bogenoemde net vererger. En as ANC aanhangers dit nie gratis kry nie, gooi hulle ‘n vloermoer soos ‘n kleuter, en brand alles af wat hulle sien.

Bain’s Cape Mountain Whisky kraai wêreldwyd koning

Bain’s Cape Mountain Whisky is Donderdagaand in Londen met dieBain’s Cape Mountain Whisk-titel op die World Whiskies-prysaand bekroon. Boonop is die stigter-distilleerder, Andy Watts, as die wêreld se meester-distilleerder vir 2018 aangewys.

Hierdie toekennings, wat jaarliks ​​deur die Verenigde Koningryk se Whisky Magazine aangebied word, trek sterk kompetisie uit onder meer Skotland, Ierland, die VSA en Japan in ʼn poging om as die wêreld se beste whiskyprodusent aangewys te word.

Die uitslae is tydens ʼn glansgeleentheid in die Waldorf Hilton Hotel in Londen bekendgemaak. Watts, ʼn voormalige professionele krieketspeler, het albei toekennings persoonlik ontvang en gesê die oorwinning was oorweldigende nuus vir hul trots Suid-Afrikaanse handelsmerk en vir Suid-Afrika.

“Ons het teen alle verwagting in die persepsie oorkom dat slegs tradisionele whisky-produserende lande ernstig geneem kan word. Ons bedryf in Suid-Afrika is net 40 jaar oud en hoew