Na Meer as R500 Miljard en Twee Jaar se Totalitarisme, Stop ANC Stilletjies hul Drakoniese Inperking Maatreëls, Maar het ONS Enigiets Geleer?

SA Howe nie Meer Sekuur nie! Hoe Lank Voor SA Balkaniseer en as 'n Humanitêre Ramp Verklaar Word?

Nadat baie mense en organisasies soos PANDA, die Solidariteit Beweging en Nuus.net, nou al vir amper 2 jaar vir die ANC gesê het dat lockdowns nie werk nie –  en die bietjie van die ekonomie wat oorgebly het verder sal vernietig – en organisasies soos AfriForum en Solidariteit drakoniese lockdown maatreëls ook in die hof probeer beveg het – waar die ANC se handpop regters alle aansoeke teen die ANC se lockdowns en noodtoestand eenvoudig afgeskiet het, is lockdowns en kwarantyn prosedure nou so stil-stil effektief afgeskaf.

EFF Leier, Malema, Skuldig Bevind aan Oortreding van Etiese Gedragskode van Parlement op Twee Aanklagte!

EFF Leier, Malema, Skuldig Bevind aan Oortreding van Etiese Gedragskode van Parlement op Twee Aanklagte!

Die Gesamentlike Komitee vir Etiek het bevind dat Malema die etiese kode vir parlementslede oortree het deur nie die wet te handhaaf nie, toe hy ‘n beroep op buitelandse burgers gedoen het om ‘kreatiewe maniere’ te vind om SA onwettig binne te dring, nadat grense gesluit is gedurende die Covid inperking in Januarie.

Is COVID19 Toetse Irrelevant of Foutief? SA is Enigste Land ter Wêreld Waar Infeksies op EERSTE Dag van Inperking Gedaal het, in Plaas van Twee Weke Later!

Wat het met die COVID19 kaart gebeur twee weke na die inperking? Niks. Dit word al hoe duideliker dat daar te veel aandag geskenk word aan die klein daaglikse toetsresultate, al lewer dit geen betroubare of voldoende toetsdata nie, wat voorspelling nutteloos maak. Al is dit verstaanbaar, gegewe die aard van die onsigbare bedreiging, het die ANC-regime maande gehad om voorbereidings te tref vir behoorlike toetse. Selfs prof. Karim het gesê dat dit twee weke duur voordat die simptome vorder en verskyn, en tog het hy in dieselfde asem Ramaphosa se spog weerklank dat die gevalle syfers geval het op die EERSTE dag van inperking? Dr. Pillay, hoof van die nasionale departement van gesondheid in Suid-Afrika, het ook daarop gewys dat die mense wat tot dusver positief getoets het, net die mense weerspieël wat besmet is twee weke voordat hulle simptome getoon het en daarna getoets is. Hoe is dit dan moontlik dat nuwe infeksies gedaal het op die eerste dag van die inperking?