Werkloosheid in Sosialistiese SA op 44,4% met dié wat nie wil Werk Ingesluit, en dra glo by tot Onluste en Plundery!

Werkloosheid in Sosialistiese SA op 44,4% met dié wat nie wil Werk Ingesluit, en dra glo by tot Onluste en Plundery!

Suid Afrika het nou die ergste werkloosheid ter wêreld volgens ‘n Bloomberg monitor, en val nou onder ander rampspoedige lande soos Colombia, Cuba, Syria en Venezuela. Vir al Ramaphosa se mooi praatjies en beloftes, verstaan hy nie dat een hoofdoel van ‘n goeie regering, is om ‘n ekonomie daar te stel, wat die inwoners van die land die geleentheid gee om ‘n eerlike bestaan te kan maak. Die ANC regering doen dit allermins. Hulle stel ‘n voorbeeld van korrupsie en onvolwassenheid. Korrupsie bou geen ekonomie. Plundery is net dit. Dit bou niks. En dan die belaglike redes wat aangevoer word: gratis behuising, gratis onderrig, gratis als, wat die bogenoemde net vererger. En as ANC aanhangers dit nie gratis kry nie, gooi hulle ‘n vloermoer soos ‘n kleuter, en brand alles af wat hulle sien.