Liberale Naspers is ook Oorlogsugtig teen Rusland, Maar wat is die ware motiewe?

Liberale Naspers is ook Oorlogsugtig teen Rusland, Maar wat is die ware motiewe?

Naspers het lank gelede die besluit geneem om die liberale “reënboogland” te help instel en globalisme te bevorder, maar nou skielik verdedig hulle die nasionalisme van Ukraine? Dit nieteenstaande die feit dat liberale Naspers die skoothond van die Chinese Kommunistiese Party is, omdat die oorgroot meerderheid van Naspers se waarde in China is – aan die kant van Westerse liberalisme en globalisme val, wat nog ‘n nasiestaat probeer vernietig, in ‘n lang lys van verowerde nasiestate oor die laaste halwe eeu…

Na Meer as R500 Miljard en Twee Jaar se Totalitarisme, Stop ANC Stilletjies hul Drakoniese Inperking Maatreëls, Maar het ONS Enigiets Geleer?

SA Howe nie Meer Sekuur nie! Hoe Lank Voor SA Balkaniseer en as 'n Humanitêre Ramp Verklaar Word?

Nadat baie mense en organisasies soos PANDA, die Solidariteit Beweging en Nuus.net, nou al vir amper 2 jaar vir die ANC gesê het dat lockdowns nie werk nie –  en die bietjie van die ekonomie wat oorgebly het verder sal vernietig – en organisasies soos AfriForum en Solidariteit drakoniese lockdown maatreëls ook in die hof probeer beveg het – waar die ANC se handpop regters alle aansoeke teen die ANC se lockdowns en noodtoestand eenvoudig afgeskiet het, is lockdowns en kwarantyn prosedure nou so stil-stil effektief afgeskaf.