Voer Eskom Krag uit na #SAPP Wanneer dit Koue Weer as Verskoning Gebruik om Slegte Onderhoud en Korrupsie te Verberg?

Voer Eskom Krag uit na #SAPP Wanneer dit Koue Weer as Verskoning Gebruik om Slegte Onderhoud en Korrupsie te Verberg?

Koue weer in winter is selfs vir diere vanselfsprekend, maar vir Eskom is dit ‘n verassing? Vir dekades in Apartheid, voor die ANC regime die destydse eerste wêreld land gegee is, het Eskom sonder onderbreking die aanvraag voorsien danksy goeie lang termyn beplanning en onderhoud maatreëls, maar nou het Eskom gewaarsku oor elektrisiteitsfoute in KwaZulu-Natal weens koue weer! Die vraag is, word krag nog stilletjies na die buitelandse #SAPP netwerk gestuur, wanneer ons gevra word om krag, waarvoor ons duur betaal het met belasting, te bespaar? Word ons ook daar geforseer om Afrika te onderhou en op die been te hou? Selfs Malawi se kragvoorsiener word “Escom” genoem!

Werkloosheid in Sosialistiese SA op 44,4% met dié wat nie wil Werk Ingesluit, en dra glo by tot Onluste en Plundery!

Werkloosheid in Sosialistiese SA op 44,4% met dié wat nie wil Werk Ingesluit, en dra glo by tot Onluste en Plundery!

Suid Afrika het nou die ergste werkloosheid ter wêreld volgens ‘n Bloomberg monitor, en val nou onder ander rampspoedige lande soos Colombia, Cuba, Syria en Venezuela. Vir al Ramaphosa se mooi praatjies en beloftes, verstaan hy nie dat een hoofdoel van ‘n goeie regering, is om ‘n ekonomie daar te stel, wat die inwoners van die land die geleentheid gee om ‘n eerlike bestaan te kan maak. Die ANC regering doen dit allermins. Hulle stel ‘n voorbeeld van korrupsie en onvolwassenheid. Korrupsie bou geen ekonomie. Plundery is net dit. Dit bou niks. En dan die belaglike redes wat aangevoer word: gratis behuising, gratis onderrig, gratis als, wat die bogenoemde net vererger. En as ANC aanhangers dit nie gratis kry nie, gooi hulle ‘n vloermoer soos ‘n kleuter, en brand alles af wat hulle sien.

Carl Niehaus in Hegtenis Geneem vir Aanhitsing en Betoging Buite Gevangenis Waar Zuma Aangehou Word!

Die uitgesproke woordvoerder van die Umkhonto we Sizwe Military Veterans Association (MKMVA), Carl Niehaus, is Donderdagmiddag in hegtenis geneem tydens ‘n televisie-onderhoud buite die Estcourt-gevangeniskompleks waar oudpresident Jacob Zuma sy tronkstraf uitdien.