Bheki Cele en Khehla Sitole Ondervra oor 1.5 Miljoen Omstrede Koeëls wat Gesteel is Tydens ANC Onluste!

Slegs klein hoeveelhede van die ammunisie wat uit ‘n skeepsvraghouer in Durban gebuit is, is teruggevind, het die parlement se portefeuljekomitee Donderdag gehoor. Dit was een van die vrae wat Donderdag tydens ‘n inligtingsessie deur SAPD-amptenare tydens die parlement se polisieportefeuljekomiteevergadering geopper is.

ANC Regering lig Verbod op Groot Byeenkomste met Onmiddellike Effek Sodat Polisie kan Konsentreer op ANC Geweld

In ‘n kennisgewing wat op 14 Julie in die regeringskoerant gepubliseer is, het ANC minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (COGTA), Nkosazana Dlamini-Zuma, gesê dat regulasie 21 van die ramptoestand gewysig is, om byeenkomste in verband met “noodsake” moontlik te maak.

ANC Regime Vervreem Homself van Wetsgehoorsame Burgers deur Nasionale “Demokratiese” Rewolusie (NDR) bo Grondwet te Plaas – Ad Hoc Groep

Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het ‘n verklaring uitgereik na afloop van ʼn byeenkoms van verskeie organisasies en groepe op 23 Junie 2021 te Pretoria, waarin die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet, wat in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer is, bespreek was. Volgens die Ad Hoc groep word Vuurwapenbeheer Konsepwetgewing gesien as nog ʼn aanslag op eiendomsreg.

SANW bied Kursusse aan met MEER as 50 Mense Teenwoordig – Kry Heelwat Covid Gevalle, 3 Dood in Kimberley – Maar Kursusse Gaan nog Voort!

Die SANW ondervind heelwat Covid-19 infeksies en op ‘n 4 maand weermag kursus wat in Heidelberg Gauteng gehou word, is daar al 13 Covid gevalle op die kursus, maar die hoofde wil nie die kursus stop nie. Al die besmette mense bly wel in dieselfde koue rondawel en gebruik dieselfde geriewe, ens.

Meer as 108,000 Vuurwapens Vermis! SAPD en SANW Bewapen Kriminele maar Ontwapen Wetsgehoorsame Eienaars!

Dit blyk asof die SA Polisie Diens aan die kant van die kriminele veg! Ongelooflik het die SAPD dit reggekry om meer as 26,000 vuurwapens te verloor oor ‘n tydperk 12 jaar, en in 2011 kon die SANW nie rekenskap gee oor 82,000 vuurwapens nie!