
Orania het ‘n reg om te bestaan!
Wêreld Nuus
As deel van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se “Groot Herstel”-agenda vir die mensdom, sluit Ierse leiers aan by hul mede samesweerders in Nederland, Duitsland en Kanada om boere en hul plase uit te faseer, en wêreldwye voedseltekorte verder in gevaar te stel. Die Ierse regering beplan om ‘n vermindering van emissies van ongeveer 28 persent op boere af te dwing.
Nederland is steeds by vestek ‘n landbouland, wat ‘n kolossale resultaat lewer nieteenstaande sy oppervlakte, wat dit tweede plaas op die wêreldranglys vir uitvoere van landbou- en tuinbouprodukte. Die Nederlandse boere en tuinboukundiges vorm die historiese platform van ‘n welvarende Nederland, maar die globalistiese Rutte/Kaag-regering het egter, volgens die Wêreld Ekonomiese Forum se beleid, die plan geïmplementeer om ‘n aansienlike deel van hierdie boere en landboumaatskappye te likwideer of uit te koop.
WAAR IS DIE VOLK? Die meerderheid Afrikaans sprekendes is nie-Europeërs, en so ook is die meerderheid radio RSG luisteraars nie-Europeërs. Vra nie waar is die volk se leiers nie, maar vra eerder waar is die volk? Hulle klouter by die Toring van Babel op om naam te maak, as die reënboognasie Suid Afrika, en om “Een” te wees.
‘n Grondeienaar van Middelburg, Mpumalanga, mnr Danie Heyns (60), was op Sondagaand 24 Oktober, 2021 amper vermoor deur ‘n trop onwettige grondbesetters, gelei deur ‘n swart man wat in die dorp bly. Die boer is vir 2 uur lank geslaan en gemartel deur die hoof aanhitser en sy gepeupelbende van omtrent 20 sterk. Hoe dapper is hulle as hulle ;n 60 jarige kan slaan en martel terwyl daar omtrent 20 van hulle is.
Dubbele standaarde by die NVG is institusioneel, en dit is nie eers meer betwisbaar nie dat die NVG, met hul 90% of meer swart personeel, diskrimineer op grond van ras ten opsigte van vervolgingsbesluite en ander verantwoordelikhede soos die toekenning van borgtog, ens. Ons het nou al verskeie kere gesien dat die NVG met agressie wit persone aankla, borgtog ontken en die hele klagteboek na hulle toe gooi, of hulle skuldig is aan ‘n misdaad of nie, maar ‘n swart taxibestuurder wat ‘n wit pa en seun doodgeskiet het in ‘n verkeersargument, word egter nie eers vervolg nie. Dit terwyl verskeie onskuldige boere sonder borgtog aangehou word.
Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het kennis geneem van Jesse Duarte, ANC Sekretaris-Generaal, se uitlatings oor Onteiening sonder Vergoeding tydens ʼn media konferensie Maandag. Tydens die onderhoud het sy op die ideologiese snaar voortborduur dat Onteiening sonder Vergoeding (OSV) die kern is van ekonomiese ontwikkeling.
‘n 55-jarige boer is in die rug doodgeskiet terwyl plaasaanvallers Sondagaand sy vrou se arms gebreek het, en sy seun geskiet het tydens ‘n wrede plaasaanval net buite Kinkelbos, naby Nanaga, Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Dit blyk asof die boer aspris geteiken was om vermoor te word, want slegs twee selfone en kontant is gesteel, en die aanvallers so vasberade was om die boer aan te val, dat hulle sy vrou se arms stukkend geskop het, maar details is nog vaag.