Trop 20 Onwettige Besetters Slaan Boer (60) vir 2 Ure en Dreig met “Necklacing” – Maar Polisie Ondersoek Boer!

Trop 20 Onwettige Besetters Slaan Boer vir 2 Ure en Dreig met "Necklacing" - Maar Polisie Ondersoek Boer!

‘n Grondeienaar van Middelburg, Mpumalanga, mnr Danie Heyns (60), was op Sondagaand 24 Oktober, 2021 amper vermoor deur ‘n trop onwettige grondbesetters, gelei deur ‘n swart man wat in die dorp bly. Die boer is vir 2 uur lank geslaan en gemartel deur die hoof aanhitser en sy gepeupelbende van omtrent 20 sterk. Hoe dapper is hulle as hulle ;n 60 jarige kan slaan en martel terwyl daar omtrent 20 van hulle is.

EFF Leier, Malema, Skuldig Bevind aan Oortreding van Etiese Gedragskode van Parlement op Twee Aanklagte!

EFF Leier, Malema, Skuldig Bevind aan Oortreding van Etiese Gedragskode van Parlement op Twee Aanklagte!

Die Gesamentlike Komitee vir Etiek het bevind dat Malema die etiese kode vir parlementslede oortree het deur nie die wet te handhaaf nie, toe hy ‘n beroep op buitelandse burgers gedoen het om ‘kreatiewe maniere’ te vind om SA onwettig binne te dring, nadat grense gesluit is gedurende die Covid inperking in Januarie.

Pampoenkraal Plaas Afgebrand ‘n uur na Swart Terroris Haatspraak op Ukhozi FM en Mkhondo FM Uitsaai!

Die dubbele standaarde en die #BlackPrivilege wat “our people” geniet, en hulself toe-eien, om geweld te pleeg na willekeur teen die wit minderheid en hul eiendom, waarvoor ons hard werk, te vernietig soos hulle wil, bereik voortdurend nuwe hoogtes. Brandstigting word nou oor gemeenskapsradio aangehits!

Groep Britse toeriste by Ermelo,Mpumalanga beroof

’n Groep van sowat tien Britse toeriste is Donderdagaand naby Warburton, ’n dorpie naby Ermelo in Mpumalanga, beroof.

“Dit was so 20:00 toe twee voertuie wat lede van ’n internasionale rolprentmaatskappy vervoer het, langs die hoofweg stilgehou het om hulself te verlig,” sê Athol Stark, die hoofsameroeper van Hoëveld-toerisme in Mpumalanga.

Volgens Stark het ’n voertuig agter hulle stilgehou en die ligte van die motor volsterkte aangeskakel sodat die slagoffers nie die aanvallers kon sien nie.

Vier mans het uit dié motor gespring.

“Hulle het die bestuurder van die een voertuig só hard geslaan dat hy sy bewussyn verloor het. Hulle het toe sy beursie, kontant en sy skootrekenaar gevat.”

Daar was twee jonger kinders wat erg getraumatiseer is deur die voorval.

Die rowers het die voertuigsleutels van albei die voertuie gevat en begin om die ander toeriste te dreig.

“Hulle het alles geroof wat die toeriste by hulle gehad he