Plaasmoord: Boer Doodgeskiet, Albei Vrou se Arms Gebreek en Seun ook Gewond in Oos Kaap Plaasaanval!

Teiken op rug van boere

‘n 55-jarige boer is in die rug doodgeskiet terwyl plaasaanvallers Sondagaand sy vrou se arms gebreek het, en sy seun geskiet het tydens ‘n wrede plaasaanval net buite Kinkelbos, naby Nanaga, Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Dit blyk asof die boer aspris geteiken was om vermoor te word, want slegs twee selfone en kontant is gesteel, en die aanvallers so vasberade was om die boer aan te val, dat hulle sy vrou se arms stukkend geskop het, maar details is nog vaag.