Jesse Duarte Verteenwoordig Onwerkbare, Verouderde en Onrealistiese ANC Faksie-Denke

Jesse Duarte Verteenwoordig Onwerkbare, Verouderde en Onrealistiese ANC Faksie-Denke

Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het kennis geneem van Jesse Duarte, ANC Sekretaris-Generaal, se uitlatings oor Onteiening sonder Vergoeding tydens ʼn media konferensie Maandag. Tydens die onderhoud het sy op die ideologiese snaar voortborduur dat Onteiening sonder Vergoeding (OSV) die kern is van ekonomiese ontwikkeling.