Trop 20 Onwettige Besetters Slaan Boer (60) vir 2 Ure en Dreig met “Necklacing” – Maar Polisie Ondersoek Boer!

Trop 20 Onwettige Besetters Slaan Boer vir 2 Ure en Dreig met "Necklacing" - Maar Polisie Ondersoek Boer!

‘n Grondeienaar van Middelburg, Mpumalanga, mnr Danie Heyns (60), was op Sondagaand 24 Oktober, 2021 amper vermoor deur ‘n trop onwettige grondbesetters, gelei deur ‘n swart man wat in die dorp bly. Die boer is vir 2 uur lank geslaan en gemartel deur die hoof aanhitser en sy gepeupelbende van omtrent 20 sterk. Hoe dapper is hulle as hulle ;n 60 jarige kan slaan en martel terwyl daar omtrent 20 van hulle is.

Motorfietsklub, Transvaal Boere Gemeenskap & ICC Kerk Versprei Kospakkies aan Arm Blankes in Nood aan die Wes-Rand.

Motorfietsklub, Transvaal Boere Gemeenskap & ICC Kerk Versprei Kospakkies aan Arm Blankes in Nood aan die Wes-Rand.

Die afgelope naweek het die Lone Wolves Vaal Motorfietsklub tesame met Boere Gemeenskap Transvaal en ICC Church Kenmare ‘n projek aangepak om ‘n totaal van 140 kospakkies te oorhandig aan arm blanke gesinne wat by die Laerskool Generaal de la Rey in Florida byeengekom het. Elke kospakkie bevat genoeg blikkieskos, meel en ander items om ‘n gesin van vyf te voed.

Het Ramaphosa #FreeZuma Onderskat? Suid Afrika Brand! Grootste Raffinadery, Suikermeule, Winkels, Hoofpaaie en Openbare Vervoer Sluit Weens Onluste!

Die #FreeZuma onluste maak wêreldwye nuus, met Fox News wat berig oor die onluste en plundery as dieselfde as “wat ons gesien het in Amerika,” met verwysing na BLM se landswye onluste en plundering laas jaar aangehits deur die Demokrate. Ramaphosa kon seker nie die geleentheid om die leier van sy politieke opposisie in hegtenis te neem, van die hand wys nie, maar het hy ‘n groter bomb aangesteek as wat self hy gedink het, want dit blyk dat die ANC regime glad nie daarvoor voorbereid was nie!

Suid Afrika se Vloek van “Bling” Veroorsaak nog steeds Valse Hoop en Ellende vir die Massa Bevolking

Van die kaal grond van KwaZulu-Natal is onlangs ‘n paar blink klippies opgegrawe, deur sommige met ‘n piksteel, of ander deur die koorsigste fortuinsoekers met hul kaal hande. Toe die vondse bekend word, met die spreekwoordelike veldbrand, lyk dit asof die diamantjag uit die Imperialistiese jare van Cecil John Rhodes, in die omgewing rondom die diamanthoofstad Kimberley, homself herhaal in Natal.

Natuurlik baie kleiner, en gelukkig so, omdat al die swart fortuinjagters deur die ANC regering tot verdere kennisgewing versoek om terug te keer na hul “informele nedersetting“, die polities korrekte naam vir die plakkerskampe wat opgespring het, toe al die landelike swartes ingebring is om te kom werk op die Britse Empire se myne. Alhoewel die naam bygewerk is, het die ellendige lewensomstandighede in daardie nedersettings nie ‘n sentimeter verbeter sedert Nelson Mandela in 1994 ‘n eerste wêreld land g