IMF en Wêreldbanksters het ANC en “anti-rassisme” gebruik om Suid-Afrika tot Permanente Skuldslawerny te kul!

Hoe groot ‘n leuen sou jy vertel vir $156 miljard USD? ‘n Mens hoef net na die groot getalle wat betrokke is te kyk, om te besef dat Suid-Afrikaners gefop is, ter waarde van $156 BILJOEN USD! Suid-Afrikaners is letterlik met valse skuldgevoelens gekul om hul land aan globalistiese bankiers weg te gee, vir skynheiligheid. Suid-Afrikaners is ook mislei om hul agterkleinkinders se toekoms uit te verkoop. Tydens Apartheid was Suid-Afrika skuldvry, maar nadat Mandela vrygelaat is, het SA in 1992 reguit na die 4de plek van nasies met skuld in Afrika gespring! Nou in 2021 het Suid-Afrika die meeste buitelandse skuld in Afrika, nadat die ANC DUBBEL die buitelandse skuld van die 2de geplaasde land in Afrika, bestee het! Dink U nog die einde van Apartheid het enigiets met rassisme te doene gehad?

Jesse Duarte Verteenwoordig Onwerkbare, Verouderde en Onrealistiese ANC Faksie-Denke

Jesse Duarte Verteenwoordig Onwerkbare, Verouderde en Onrealistiese ANC Faksie-Denke

Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het kennis geneem van Jesse Duarte, ANC Sekretaris-Generaal, se uitlatings oor Onteiening sonder Vergoeding tydens ʼn media konferensie Maandag. Tydens die onderhoud het sy op die ideologiese snaar voortborduur dat Onteiening sonder Vergoeding (OSV) die kern is van ekonomiese ontwikkeling.

Emigrasie Belasting? ANC Regime Beplan ‘n Bykomende “Uitgangsbelasting” om op Emigrerende Suid-Afrikaners se Aftreefondse te Hef!

Emigrasie Belasting? ANC Regime Beplan 'n Bykomende "Uitgangsbelasting" om op Emigrerende Suid -Afrikaners se Aftreefondse te Hef!

In die nuut gepubliseerde konsepbelastingwetsontwerp van die Nasionale Tesourie, wat die belastingvoorstelle in die begroting van 2021 bevat, bestaan ‘n besonders kommerwekkende wysiging wat die noukeurig beplande aftrede van belastingbetalers kan beduiwel. Die Wysigingswetsontwerp op Belastingwette (TLAB) stel ‘n bykomende “uitgangsbelasting” voor om aftreefondse van individue te belas, wanneer hulle emigreer en as Suid -Afrikaanse belastingbetalers uitree. Hierdie voorgestelde wysiging, wat op 1 Maart 2022 in werking tree, sal ‘n verdere slag wees vir emigrerende Suid-Afrikaners wat hul belastings residensie wil staak