Rassistiese NVG! Geen Klagtes Teen Swart Taxibestuurder wat Wit Pa en Seun Doodskiet, Maar Blankes Word vir Veel Minder Aangekla Sonder Borgtog!

Rassistiese NVG! Geen Klagtes Teen Swart Taxibestuurder wat Wit Pa en Seun Doodskiet, Maar Blankes Word vir Veel Minder Aangekla Sonder Borgtog!

Dubbele standaarde by die NVG is institusioneel, en dit is nie eers meer betwisbaar nie dat die NVG, met hul 90% of meer swart personeel, diskrimineer op grond van ras ten opsigte van vervolgingsbesluite en ander verantwoordelikhede soos die toekenning van borgtog, ens. Ons het nou al verskeie kere gesien dat die NVG met agressie wit persone aankla, borgtog ontken en die hele klagteboek na hulle toe gooi, of hulle skuldig is aan ‘n misdaad of nie, maar ‘n swart taxibestuurder wat ‘n wit pa en seun doodgeskiet het in ‘n verkeersargument, word egter nie eers vervolg nie. Dit terwyl verskeie onskuldige boere sonder borgtog aangehou word.