Slegs klein hoeveelhede van die ammunisie wat uit ‘n skeepsvraghouer in Durban gebuit is, is teruggevind, het die parlement se portefeuljekomitee Donderdag gehoor. Dit was een van die vrae wat Donderdag tydens ‘n inligtingsessie deur SAPD-amptenare tydens die parlement se polisieportefeuljekomiteevergadering geopper is.
Dit is enige regering se primêre taak om wet en orde te handhaaf en stabiliteit te verseker, maar die ANC regering, ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Polisie en weermag, het oor die laaste weke in hierdie verantwoordelikheid geheel en al misluk. Regoor die land moes mense hulself, hul families, hul eiendom, en gemeenskappe verdedig en terselfdertyd beveilig, in ʼn tyd van grootskaalse onluste en anargie. Gelukkig is daar nog burghers met wapens wat die taak kan verrig in die afwesigheid van die SAPD en SANW. En wat nog erger was, is dat die arme inwoners deur die einste SAPD vermaan is omdat hul optredes glo onwettig was!
Meer as helfte van die 231 blitspatrollie voertuie in Gauteng staan stukkend by polisiemotorhuise en privaat werkswinkels regoor die provinsie, sonder dat daar duidelikheid is oor wanneer hulle weer op pad sal wees. In totaal is 124 van die 231 blitspatrollie voertuie in die provinsie van die pad af volgens die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, meeste van hulle vir langer as 3 maande.
Terwyl die onluste wyer sprei met meer en meer besighede en fasiliteite wat sluit, wat tot voedsel tekorte lei, kom meer en meer mense en groepe tot die besef dat dit nie net die tsotsies en kriminele se skuld is nie. Dit is nou dekades wat die ANC hul eie party regeer met ‘n baie slap riem, en toegelaat het dat hul lede en leiers maak wat hulle wil met min sensuur of nagevolge, al het dit ANC stemmers nog meer verarm.
Ons het nog altyd gesê dat ANC kaders baie skaars mekaar blameer of verklik, maar dit blyk dat die Zuma affêre die ANC leiers in ‘n moeilike posisie plaas. Die minister van polisie, Bheki Cele en die nasionale polisiekommissaris, Khela Sitole het die Grondwethof skriftelik in kennis gestel, dat hulle nie nou al vir oud-president Jacob Zuma in hegtenis gaan neem nie, hangende die twee hofaansoeke wat Zuma gebring het, om sy vonnis te hersien. Dit kom na die grondwetlike hof Zuma verlede week skuldig bevind hat aan minagting van die hof, en hom tot 15 maande tronkstraf gevonnis het, nadat hy nie ‘n bevel om voor die ondersoek na staatskaping te verskyn, nagekom het nie, maar Zuma beweer sy konstitusionele reg tot stilswye is hiermee geskend.

Dit blyk asof die SA Polisie Diens aan die kant van die kriminele veg! Ongelooflik het die SAPD dit reggekry om meer as 26,000 vuurwapens te verloor oor ‘n tydperk 12 jaar, en in 2011 kon die SANW nie rekenskap gee oor 82,000 vuurwapens nie!
“Hy sou my doodgemaak het as ek nie baklei het nie,” het ‘n bejaarde vrou gesê wat besluit het om terug te veg nadat sy in die bloeddorstige oë van die plaasaanvaller gekyk, het in ‘n plaasaanval in Kameeldrift-Wes. Emmerentia Botha (57) het Sondag een blik in die bloeddorstige oë van die plaasaanvaller gegee, en besef dat sy sal moet terugveg, anders sal hy haar doodmaak.
Emmerentia het later aan haar dogter, Renske Miesner, vertel, wie dit met Netwerk24 gedeel het, oor gebeur het toe Emmerentia en haar man Hannes Botha (80) aangeval is, toe hulle op hul kleinhoewe in Kameeldrift-Wes by die huis aankom. Hulle het by die huis van vriende gaan uiteet.