Plundering & Geweld is 100% die ANC Leierskap se Skuld! Wie het Zuma Toegelaat om Korrupsie te Pleeg?

Terwyl die onluste wyer sprei met meer en meer besighede en fasiliteite wat sluit, wat tot voedsel tekorte lei, kom meer en meer mense en groepe tot die besef dat dit nie net die tsotsies en kriminele se skuld is nie. Dit is nou dekades wat die ANC hul eie party regeer met ‘n baie slap riem, en toegelaat het dat hul lede en leiers maak wat hulle wil met min sensuur of nagevolge, al het dit ANC stemmers nog meer verarm.

#VoetsekANC Griqua Koninklike Huis Sluit aan by VVA Sesessie Alliansie vir ‘n Onafhanklike Kaap om Minderheidsregte te Bewaar!

Die afskeidingsbeweging van die Verenigde Vryheids Alliansie, om te seseer van Suid-Afrika en ‘n onafhanklike Kaapse konfederasie te vorm, om die regte, kulture, tale, erfenis, geskiedenis en tradisies van minderhede, wat die ANC misbruik, onderdruk en ignoreer sonder hindernis, het bykomende momentum gekry op Saterdag 5 September 2020 toe die Koninklike Huis van Griekwa, formeel aangesluit het by die proses van die VVA, wat ‘n alliansie is van eendersdenkende organisasies, instellings en individue wat werk aan ‘n nie-rassige, vrye en onafhanklike Kaap, in ‘n proses wat deur die internasionale reg erken word (wat beteken dat die toestemming van ANC nie nodig is nie).

Die Griekwa-afvaardiging is gelei deur prinses Dondelaya Damons en prof. Berte van Wyk (Universiteit van Stellenbosch), van die Griekwa-koninklike huis, en Hein Marx, president van VVA, wat onderstreep het watter voorreg dit was om deel te wees van nog ‘n geleentheid, waar die verskillende subgroep mense wat uit