SAPD het Misluk om Gemeenskape en Besighede te Beveilig in Onlangse ANC Onluste en Moet dus die Wapenwetsontwerp Terug Trek!

Dit is enige regering se primêre taak om wet en orde te handhaaf en stabiliteit te verseker, maar die ANC regering, ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Polisie en weermag, het oor die laaste weke in hierdie verantwoordelikheid geheel en al misluk. Regoor die land moes mense hulself, hul families, hul eiendom, en gemeenskappe verdedig en terselfdertyd beveilig, in ʼn tyd van grootskaalse onluste en anargie. Gelukkig is daar nog burghers met wapens wat die taak kan verrig in die afwesigheid van die SAPD en SANW. En wat nog erger was, is dat die arme inwoners deur die einste SAPD vermaan is omdat hul optredes glo onwettig was!