Plaasaanvallers Kom Selfs is jy op jou Swakste met Covid, so Wees Paraat en Voorberei. Dit is nie of Hulle Gaan kom nie, dis Wanneer!

Hierdie is die woorde van Juanita Swanepoel (48) nadat sy op Vrydagaand 9 Julie 2021, terwyl sy bewend en siek van Covid was, 4 skote deur haar slaapkamerdeur afgevuur het, om haarself te red terwyl n groep swart mans besig was om die versterkte deur af te breek, op haar en haar man se plaas by Vierfontein in die Vrystaat.

Plaasaanvalle word Dodeliker na Plaasmoorde se Getalle Weer Styg

Al het die plaasaanvalle wat landwyd aangemeld is sedert April 2020 gedaal na 395, het die plaasmoorde gestyg na 59 vanaf 41 die vorige jaar, wat beteken dat die aanvalle dodeliker word.

AfriForum het gister hul weergawe van die statistieke oor plaasaanvalle en -moorde bekend gemaak. Die hoof van beleid en optrede van die organisasie, Ernst Roets, het gesê dat hoewel daar in die boekjaar 2020/2021 ‘n afname in die aantal plaasaanvalle was, was daar steeds ‘n toename in plaasmoorde.

Luister Hier: