ANC Regering lig Verbod op Groot Byeenkomste met Onmiddellike Effek Sodat Polisie kan Konsentreer op ANC Geweld

In ‘n kennisgewing wat op 14 Julie in die regeringskoerant gepubliseer is, het ANC minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (COGTA), Nkosazana Dlamini-Zuma, gesê dat regulasie 21 van die ramptoestand gewysig is, om byeenkomste in verband met “noodsake” moontlik te maak.

Plundering & Geweld is 100% die ANC Leierskap se Skuld! Wie het Zuma Toegelaat om Korrupsie te Pleeg?

Terwyl die onluste wyer sprei met meer en meer besighede en fasiliteite wat sluit, wat tot voedsel tekorte lei, kom meer en meer mense en groepe tot die besef dat dit nie net die tsotsies en kriminele se skuld is nie. Dit is nou dekades wat die ANC hul eie party regeer met ‘n baie slap riem, en toegelaat het dat hul lede en leiers maak wat hulle wil met min sensuur of nagevolge, al het dit ANC stemmers nog meer verarm.

ANC Steel Geloofwaardigheid vir Verkiesing met Skorsing Slenter

Al is dit ondenkbaar, het swart kiesers weer vertroue in die ANC-regering begin kry nadat dit bekend geword het dat senior amptenare glo geskors word en dat korrupsie kamma beveg word.

Dit is die mening van ‘n etnoloog wat die politieke verdeeldheid van die regerende party met valkoë dophou. Hy reken daar is duisende ANC-ondersteuners wat siek en sat is vir die diefstal, misdaad en korrupsie waarby senior partyleiers betrokke is.

Luister Hier:


Die feit dat