Bheki Cele en Khehla Sitole Ondervra oor 1.5 Miljoen Omstrede Koeëls wat Gesteel is Tydens ANC Onluste!

Slegs klein hoeveelhede van die ammunisie wat uit ‘n skeepsvraghouer in Durban gebuit is, is teruggevind, het die parlement se portefeuljekomitee Donderdag gehoor. Dit was een van die vrae wat Donderdag tydens ‘n inligtingsessie deur SAPD-amptenare tydens die parlement se polisieportefeuljekomiteevergadering geopper is.

ANC se Eiendomswet is die Rooi Gevaar in Skaapsklere!

Dit is duidelik tot wat ‘n mate mense gedesensitiseer is, oor Sosialisme en die Rooi Gevaar, uit opmerkings tydens die openbare verhore van die portefeuljekomitee oor openbare werke en infrastruktuur, oor die onteieningswet. Dit is duidelik dat deelnemers geen idee het van die implikasies van hierdie wet nie. Dit is dus die taak van die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsreg om die publiek te waarsku, oor wat die gevolge vir die land en sy mense sal wees as die wet toegepas word.

By die verhore laas naweek in Orange Farm, Gauteng, het die deelnemers hul mening uitgespreek dat die Covid-19-pandemie gebruik moet word om die implementering van die Onteieningswet te bespoedig, en sodoende toegang tot openbare gesondheidsorg, polisiekantore, behuising, werk te kry, en ekonomiese geleenthede. Die “Groot Herstel” waarvan Ramaphosa en Sosialiste wêreldwyd praat is nie ‘n grap of fopnuus nie.

Luister Hier: