SA Howe nie Meer Sekuur nie! Hoe Lank Voor SA Balkaniseer en as ‘n Humanitêre Ramp Verklaar Word?

SA Howe nie Meer Sekuur nie! Hoe Lank Voor SA Balkaniseer en as 'n Humanitêre Ramp Verklaar Word?

Dit is al duidelik dat SA se wetstoepassers, die polisie, nie geskik vir hul doel is nie, maar nou val die howe self uitmekaar uit. Kuberkrakers het die howe in Suid-Afrika se netwerkstelsels binnegedring en dit lam gele, wat vrese laat ontstaan dat mense en besighede wat transaksies met die howe doen, se bankbesonderhede in die gedrang gekom het, en dalk openbaar word. Daar is ook wydverspreide onderbrekings van baie van die regering se webwerwe na ondergrondse internetkabels Vrydagoggend beskadig is. Terselfdertyd is die Potgietersrus-landdroshof en speurtak al vier dae sonder krag, na die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit die krag gesny het weens wanbetaling.

Plundering & Geweld is 100% die ANC Leierskap se Skuld! Wie het Zuma Toegelaat om Korrupsie te Pleeg?

Terwyl die onluste wyer sprei met meer en meer besighede en fasiliteite wat sluit, wat tot voedsel tekorte lei, kom meer en meer mense en groepe tot die besef dat dit nie net die tsotsies en kriminele se skuld is nie. Dit is nou dekades wat die ANC hul eie party regeer met ‘n baie slap riem, en toegelaat het dat hul lede en leiers maak wat hulle wil met min sensuur of nagevolge, al het dit ANC stemmers nog meer verarm.