#BrendinHorner Verdagtes Kry Borg van R5,000, Maar Borg Geweier in #DirkiesDorp2 Saak al Was Hulle nie op Moordtoneel nie!

Borgtog van slegs R5,000 is Dinsdag in Senekal toegestaan vir die moordverdagtes van Brendin Horner, maar geen borgtog vir Werner Potgieter en Cornelius Greyling van Pampoenkraal Boerdery in Dirkiesdorp nie, selfs al was hulle nie eens op die toneel toe die misdaad gepleeg is nie. DIT LYK HUL MISDAAD IS DAT HULLE WIT IS!

SA Burgers Verloor Vertroue in die Polisie wat nie Meer die Mense Beskerm nie!

Die hoofdoel van die polisie is om alle inwoners van die land te beskerm en ten tye van nood, behulpsaam te wees, om wet en orde te handhaaf en misdaad te bestry. Maar huidiglik sien en ervaar al hoe meer wetsgehoorsame burgers, al hoe minder van die bogenoemde. Die burgers van die land leef inteendeel toenemend in vrees vir die polisie, ons ervaar by meer en meer geleenthede, waarby dit voorkom asof die polisie nie in ‘n posisie is, of die politieke wil het, om anargiste en woedende skares te beteuel nie. Ons het onlangs gesien wat in Piet Retief plaas gevind het, buite en binne die hof, waar vyf onskuldige boere beskuldig word van die moord op twee mans.

Buite die hof het oproermakers die polisie met klippe bestook, op ‘n klopjag gegaan en groot skade aan verskeie private voertuie aangerig. Daar is verneem dat polisie min gedoen het om hierdie slagoffers by te staan. Hulle het wel soms rubber koeëls gebruik om die skare te verjaag, maar blykbaa