SAPD het Misluk om Gemeenskape en Besighede te Beveilig in Onlangse ANC Onluste en Moet dus die Wapenwetsontwerp Terug Trek!

Dit is enige regering se primêre taak om wet en orde te handhaaf en stabiliteit te verseker, maar die ANC regering, ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Polisie en weermag, het oor die laaste weke in hierdie verantwoordelikheid geheel en al misluk. Regoor die land moes mense hulself, hul families, hul eiendom, en gemeenskappe verdedig en terselfdertyd beveilig, in ʼn tyd van grootskaalse onluste en anargie. Gelukkig is daar nog burghers met wapens wat die taak kan verrig in die afwesigheid van die SAPD en SANW. En wat nog erger was, is dat die arme inwoners deur die einste SAPD vermaan is omdat hul optredes glo onwettig was!

ANC Regime Vervreem Homself van Wetsgehoorsame Burgers deur Nasionale “Demokratiese” Rewolusie (NDR) bo Grondwet te Plaas – Ad Hoc Groep

Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het ‘n verklaring uitgereik na afloop van ʼn byeenkoms van verskeie organisasies en groepe op 23 Junie 2021 te Pretoria, waarin die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet, wat in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer is, bespreek was. Volgens die Ad Hoc groep word Vuurwapenbeheer Konsepwetgewing gesien as nog ʼn aanslag op eiendomsreg.