Afrikaans is op 14 Augustus 146 Jaar Oud, Ironies Ook die Laaste Dag vir Kommentaar op Tweede Konsep-Weergawe van Universiteit Stellenbosch se Taalbeleid

Afrikaans is op 14 Augustus 146 Jaar Oud, Ironies Ook die Laaste Dag vir Kommentaar op Tweede Konsep-Weergawe van Universiteit Stellenbosch se Taalbeleid

Op 14 Augustus is dit jaarliks Afrikaanse Taaldag en word dit herdenk as die  geboortedag van Afrikaans want op die datum op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) te Paarl gestig. Derhalwe is Afrikaans vanjaar 146 jaar oud. In die tydperk is Afrikaans uitgebrei tot akademiese en wetenskapstaal wat volgens Prof Wannie Carstens, bekende taalkundige, een van vyf vereistes vir oorlewing van enige taal is, wel, dit is totdat globalisme aangekom het…

Plundering & Geweld is 100% die ANC Leierskap se Skuld! Wie het Zuma Toegelaat om Korrupsie te Pleeg?

Terwyl die onluste wyer sprei met meer en meer besighede en fasiliteite wat sluit, wat tot voedsel tekorte lei, kom meer en meer mense en groepe tot die besef dat dit nie net die tsotsies en kriminele se skuld is nie. Dit is nou dekades wat die ANC hul eie party regeer met ‘n baie slap riem, en toegelaat het dat hul lede en leiers maak wat hulle wil met min sensuur of nagevolge, al het dit ANC stemmers nog meer verarm.