EFF Lafaards Terroriseer nou Weerlose Bejaardes van Huis Herfsblaar Ouetehuis in Pretoria!

Verskeie skole in die Queenswood-omgewing van Pretoria is vandag, Woensdag 28 Julie gesluit weens ‘n optog van die EFF na Huis Herfsblaar ouetehuis, waar die Bittereinders gevra is om die ou mense te verdedig teem Malema se rasselokaas en aandag soekery.

Gauteng SAPD kon nie Onlangse ANC Onluste Ordentlik Bekamp nie Omdat Helfte van hul Blitspatrollie Voertuie nie Werk nie!

Meer as helfte van die 231 blitspatrollie voertuie in Gauteng staan stukkend ​​by polisiemotorhuise en privaat werkswinkels regoor die provinsie, sonder dat daar duidelikheid is oor wanneer hulle weer op pad sal wees. In totaal is 124 van die 231 blitspatrollie voertuie in die provinsie van die pad af volgens die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, meeste van hulle vir langer as 3 maande.

Openbare Beskermer en ConCourt Speel Met Woorde Wyl Ramaphosa sy CR17 Bankstate Wegsteek!

Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het die konstitusionele hof genader om te versoek dat dit hul verklaring dat sy die Uitvoerende Etiese Kode “verander het” as deel van haar ondersoek na die ‘CR17’ -veldtog vir befondsing, herroep, omdat hulle glo van twee verskillende weergawes van die Uitvoerende Etiese Kode lees. 

Stadige Reaksie en Swak Hantering van Onluste wat tog Verwag was, ‘n Reuse Terugslag vir Reeds Swak Beleggersvertroue

Nie dat dit ‘n verbasing was vir mense wat die ANC se onbevoegtheid ken nie, maar die swak beplanning, al was daar waarskuwings dat onluste sou uitbreek, en die onbeholpe hantering van die onluste-situasie deur die ANC-regering en sy wetstoepassingsagentskappe, in KwaZulu-Natal en Gauteng laas week, het die reeds sukkelende beleggersvertroue in Suid-Afrika ‘n ernstige knou toegedien.

Kommuniste Huil na Malema se Twitter Tydelik Opgeskort Word, Maar Wil Sosiale Media Gebruik om Blankes aan te Val!

Tipies vir kommuniste, wil die Malema-ondersteuners hê selfs Twitter se reels moet verskillend toegepas word vir hulle, tenoor hul “vyande”, met uitsonderings vir hulle. Dit terwyl elkeen toestem tot die platform se besluite sodra hulle aanteken daarvoor. National Union of Metalworkers of SA (Numsa) se hoofsekretaris, Irvin Jim, het die tydelike skorsing van die EFF-leier Julius Malema vandeesweek op Twitter toegesnou, al is baie van die mening dat dit al lank terug moes gebeur het.

Geweld van Ramaphosa Faksie Teen Zuma Malema RET Faksie gee Suid Afrikaners ‘n Voorsmaak van hoe Siviele Oorlog Gaan Lyk!

Ons sit met ‘n tamatietjie in SA want as wetsgehoorsame burgers, wonder ons of ons nou die wet moet nakom of nie, wanneer die polisie afwesig is te midde van volskaalse plundery en geweld. Burgers maak planne om hulself en hul buurt te beveilig, maar kry dan die wind van voor, van die afwesige wetstoepassers, want dit is glo teen die wet.

Domino-effek van ANC Geweld: Transnet Sluit NatCor, die Ruggraat van Goedere Vervoer Tussen Gauteng en Durban

Transnet het Woensdag gesê dat een van die belangrikste spoorlyne in die land, wat Durban met Gauteng verbind tydelik gaan sluit. Die aankondiging kom kort op die hakke van die tydelike sluiting van SAPREF olieraffinadery.

Plundering & Geweld is 100% die ANC Leierskap se Skuld! Wie het Zuma Toegelaat om Korrupsie te Pleeg?

Terwyl die onluste wyer sprei met meer en meer besighede en fasiliteite wat sluit, wat tot voedsel tekorte lei, kom meer en meer mense en groepe tot die besef dat dit nie net die tsotsies en kriminele se skuld is nie. Dit is nou dekades wat die ANC hul eie party regeer met ‘n baie slap riem, en toegelaat het dat hul lede en leiers maak wat hulle wil met min sensuur of nagevolge, al het dit ANC stemmers nog meer verarm.

Het Ramaphosa #FreeZuma Onderskat? Suid Afrika Brand! Grootste Raffinadery, Suikermeule, Winkels, Hoofpaaie en Openbare Vervoer Sluit Weens Onluste!

Die #FreeZuma onluste maak wêreldwye nuus, met Fox News wat berig oor die onluste en plundery as dieselfde as “wat ons gesien het in Amerika,” met verwysing na BLM se landswye onluste en plundering laas jaar aangehits deur die Demokrate. Ramaphosa kon seker nie die geleentheid om die leier van sy politieke opposisie in hegtenis te neem, van die hand wys nie, maar het hy ‘n groter bomb aangesteek as wat self hy gedink het, want dit blyk dat die ANC regime glad nie daarvoor voorbereid was nie!

Ramaphosa Ontplooi Weermag na KZN en Gauteng om Pro Zuma Proteste, Geweld, Plundering en Politieke Opposisie te Stuit!

Ramaphosa en sy ANC faksie het misluk om die pro Zuma faksie proteste te marginaliseer, en moes die Suid-Afrikaanse weermag se magte in twee provinsies ontplooi, ná wydverspreide pro Zuma geweld en plundering wat onder ander paaie versper het, ‘n winkelsentrum aan die brand gesteek het, met verskeie dood en meer as 200 inhegtenisnemings na die gevangenskap van die leier van Ramaphosa se politieke opposisie, oud President Jacob Zuma.