Stadige Reaksie en Swak Hantering van Onluste wat tog Verwag was, ‘n Reuse Terugslag vir Reeds Swak Beleggersvertroue

Nie dat dit ‘n verbasing was vir mense wat die ANC se onbevoegtheid ken nie, maar die swak beplanning, al was daar waarskuwings dat onluste sou uitbreek, en die onbeholpe hantering van die onluste-situasie deur die ANC-regering en sy wetstoepassingsagentskappe, in KwaZulu-Natal en Gauteng laas week, het die reeds sukkelende beleggersvertroue in Suid-Afrika ‘n ernstige knou toegedien.

Fitch Graderingsagentskap Waarsku ANC-regering oor Onbeheerde Besteding en Onproduktiewe Staatssalarisse!

In ‘n studie wat verlede week gepubliseer is, het die Fitch-kredietgraderingsagentskap die ANC-regering, wat nog steeds huiwerig is om die salaris vereistes van die openbare sektor vir die volgende termyn van drie jaar te oorweeg, gewaarsku oor hul onvermoë om beheer oor besteding uit te oefen, wat kan lei tot verdere begrotings probleme.

Die graderingsagentskap het daarop gewys dat die vergoeding wat aan die openbare sektor betaal word, wat ‘n massiewe 35% van die arbeidsmag uitmaak, nie goeie resultate sal lewer nie. Verder kan enige salarisverhogings en aanpassings nadelig wees, want die groei in die land sal slegs ongeveer 2% vir die boekjaar wees.

Luister Hier:


ANC-sosialiste Maak Nog 1,5 Miljoen Mense Werkloos, Wat Nou Afhanklik van ANC-welsynstoelae Sal Wees! Kommunisme 101

Die CCPvirus bly die geskenk wat aanhou gee vir groot korporasies en anti-kleinsakekommuniste regoor die wêreld, veral in Suid-Afrika waar nou nog 1,5 miljoen mense werkloos geword het. Van ‘big box’ kleinhandelaars wat rekord aanlyn-wins maak omdat hul kleinsake kompetisie permanent gesluit het weens die inperking, tot despotiese sosialistiese regimes soos die ANC, wat wil hê dat meer mense afhanklik van hulle is vir welsynsuitdelings, sodat hulle elke aspek van hul lewens kan beheer (en hulle afpers om ANC te stem). Die aanvraag op welsyns- en noodfondse is egter hoog, met sterk mededinging van korrupte ANC-kaders en diewe wat reeds groot gedeeltes van die noodleningsfondse gesteel het!

Terwyl kollektivistiese ideoloë, die armes en swart massas gelukkig kan wees met broodkrummels, vra hulle weer eens nie: wie betaal vir al die gratis goed? Hulle hou aan om die goue gans te pluk en die voedselprodusente te vermoor, binnekort sal daar nie meer geld wees om vir di