VSA V.P. Kamala Harris Word Gegroet deur Betogers in Guatemala wat sê “Trump het Gewen” en “Gaan Huis Toe”!

Kamala was met realiteit ontmoet op haar eerste reis buite die VSA, waar sy ontdek het dat nie almal se gedagtes deur Amerikaners se hoofstroommedia en sosialemedia beheer word nie. Kamala is bespot in die buiteland met protesborde wat haar begroet het toe sy in die Guatemala Hoofstad geland het, en kort daarna het die konserwatiewe Guatemalaanse president dit duidelik gemaak dat hy ook geen liefde vir haar gehad het nie, en Biden die skuld gegee vir die migrantekrisis van hierdie jaar op VSA se suidelike grens. Biden se peilingsyfers val al vyf dae aaneenlopend, maar moet nie verwag om iets hiervan te sien op die hoofstroom “#gapnews” media nie, waar hulle stukkies weglaat waarvan hulle nie hou nie of nie mee saamstem nie.

Nog ‘n Somer van BLM Antifa Onluste in die VSA? Rekord Wapen Verkope Duur Voort in die VSA, Want Selfs nie-Blankes Vrees Demokrate se Liberale Sosialistiese Beleid!

#BlootgestelAanSkade – Dit blyk asof die Demokrate in VSA die ANC se dodelike Sosialistiese beleid probeer implementeer. Wapen verkope in die VSA, wat in die vroeë maande van 2020 gestyg het weens die pandemie en BLM-onluste, neem steeds toe, omdat Amerikaners bang is vir nog ‘n somer van BLM Antifa-onluste soos verlede jaar, bo en behalwe die Demokraat beleide van polisiëring verminder, strenger wapen beheer toepas en massas onwettige migrante wat die land binnestroom! In April 2020 was daar 2,9 miljoen agtergrond verifikasie aansoeke (vir wapen lisensies) en die afgelope April was daar ‘n half miljoen meer: ​​3,4 miljoen vir vuurwapen agtergrond aansoeke.

Selfs Latyne en swartes is bang vir die Demokratiese regering van Biden, nie net omdat hy die Reg op wapeneienaarskap wil verwyder nie, maar ook omdat hulle die polisie verminder, en dan ook miljoene onwettige immigrante die land in laat, wat Amerikaners wyd bloo