Kubane Protes in die Strate en Eis ‘n Einde van Vernietigende Sosialisme wat Hulle vir Generasies Onderdruk en Verslaaf het!

Dalk moet die sosialistiese Demokrate in die VSA plekke verhandel met Kubane wat deur die hel moet gaan wat sosialisme skep? Kubane gaan nou die strate in om te protesteer teen die totalitarisme waaronder hulle geslagte lank gely het. Die Amerikaanse senator Rep Nicole Malliotakis, van New York, het die Biden-regering toegesnou vir hul reaksie, of die gebrek daaraan, op die voortslepende onrus in Kuba, terwyl sy ook Obama kritiseer het vir sy hulp aan die Kubaanse regime sonder om die Kubaanse mense te help. Klink soos wat die ANC doen.

VSA V.P. Kamala Harris Word Gegroet deur Betogers in Guatemala wat sê “Trump het Gewen” en “Gaan Huis Toe”!

Kamala was met realiteit ontmoet op haar eerste reis buite die VSA, waar sy ontdek het dat nie almal se gedagtes deur Amerikaners se hoofstroommedia en sosialemedia beheer word nie. Kamala is bespot in die buiteland met protesborde wat haar begroet het toe sy in die Guatemala Hoofstad geland het, en kort daarna het die konserwatiewe Guatemalaanse president dit duidelik gemaak dat hy ook geen liefde vir haar gehad het nie, en Biden die skuld gegee vir die migrantekrisis van hierdie jaar op VSA se suidelike grens. Biden se peilingsyfers val al vyf dae aaneenlopend, maar moet nie verwag om iets hiervan te sien op die hoofstroom “#gapnews” media nie, waar hulle stukkies weglaat waarvan hulle nie hou nie of nie mee saamstem nie.